OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 131
Blydskap
5 Januarie 2008 om 00h45
Wees altyd bly in My Jahweh! Ek herhaal: Wees bly!
Die gelowige godsdiens is ‘n godsdiens van blydskap. Gelowiges dra die Blye Boodskap na die wêreld uit en hulle is die enigste mense wat waarlik rede het tot jubelende blydskap. ‘n Bietjie meer gelowige blydskap sal van hierdie wêreld ‘n beter plek maak om in te leef.
Daar is natuurlik twee soorte blydskap: Die blydskap van die wêreld en die blydskap van My, Christus. Die blydskap van die wêreld is soos die van die verlore seun in die ver land. Dit lei uiteindelik tot hongersnood, gebrek, liefdeloosheid en vernedering. Die ander soort blydskap is die van die Vaderhuis waar die kind tuis hoort, waar jy liefde ontvang en waar daar feesgevier word. Julle moet steeds daarteen waak om julle blydskap by die verkeerde mense en die verkeerde plekke te gaan soek. Die eerste tree na ware blydskap, is die eerste tree wat jy na My toe gee. Sonder My is daar geen ware vreugde in die lewe nie.
Ek is die bron van al jou blydskap.
Wees lief vir my, Ek sal jou bewaar.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205