OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 134
Die bedreiging van die leë siel
05 Januarie 2008 om 22h15
Wanneer ‘n bose gees uit ‘n mens uitgaan, swerf hy deur dor streke op soek na ’n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: “Ek gaan terug na my huis toe waar ek uitgegaan het.” Hy kom dan terug en kry dit skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so ‘n persoon slegter daaraan toe as aan die begin.
Ja, hierdie is ‘n sobere en skrikwekkende verhaal. ‘n Man se siel is skoongevee en gereinig van alle onreine geeste – maar leeg. Dan kom sewe onreine geeste en beset dit en sy toestand word erger as tevore.
Ek, jou Messias, leer julle hier die fundamentele waarheid dat jou siel nie leeg gelaat kan word nie. Dit is nie genoeg om onheilige gedagtes, dade en woorde uit jou lewe te verban nie; dit help nie om net ou paaie te verlaat nie; om jou innerlike mens skoon, maar leeg te laat nie. Dit moet gevul word deur of goed of kwaad. As die Satan uit jou lewe verdryf word, moet die goeie inkom. Oorgawe vereis verandering. As julle die ou dinge uitdra, moet daar nuwes ingebring word, sodat jou lewe ‘n heilige en aan My, jou Elohim, ‘n welgevallige offer kan wees.
Hierdie gelykenis leer ook dat julle nie ‘n suiwer godsdiens kan bou op ‘n klomp “mag-nie’s” nie. Een van die groot probleme van die moderne wêreld is byvoorbeeld die probleem van Sabbatsontheiliging. Dikwels word die probleem benader met ‘n tirade teen die dinge wat julle op die Sabbat verkeerdelik doen, of met die aframmeling van ‘n lys van verbode dinge. Daar word selde gesê wat julle positief op die Sabbat moet doen. Tensy julle dit doen, is die laaste toestand erger as die eerste, want dan het julle, julle net verdoem tot ydelheid – en ydelheid is die duiwel se oorkussing. Julle godsdiens moet nie uit negatiewe bestaan nie. Die reiniging is nodig – maar as die kwaad uitgeroei is, moet julle hart gevul word met die goeie. Dan moet julle vrugte dra wat by die bekering pas.
Julle leer ook dat die beste manier om kwaad te bestry is om die goeie te doen. Julle word nie beter mense deur sekere dinge nie te doen nie, maar deur julle lewe te vul met die doen van My-welgevallige dade. “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Vader, Vader’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil van My doen wat in die hemel is.
Ek sal jou daagliks leer wat My wil is en wat om te doen, sodat jou lewe nie leeg en onvrugbaar sal wees nie.
Luister net na My, jou liefdevolle Elohim.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205