OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 138
Getrou tot die einde.
06 Januarie 2008 om 22h20
Julle moet nie onder die eerste teleurstelling dubbel vou nie. Ook in jou geestelike lewe is ‘n goeie begin nie die waarborg van ‘n goeie einde nie. Die aanvanklike warm liefde vir My is dikwels van korte duur. Kyk, net soos Demas kry baie die teenswoordige wêreld weer lief. Maar ware liefde is getrou tot die einde toe. Daar moet in jou godsdiens standvastige trou wees. Julle wortels moet elke dag dieper inboor in die geloofsgrond. Julle het met ‘n Satansmag te doen wat die fort van jou lewe wil inneem. Dit verg ‘n onverbiddelike stryd teen die vyande van buite en van binne. Dit is ‘n stryd op lewe en dood.
Julle moenie tevrede wees met ‘n halwe oorwinning oor die sonde nie: dit is ook ‘n halwe neerlaag! Trek My volle wapenrusting aan wat Ek julle gee, sodat julle op julle pos kan bly, ondanks die listige aanslae van die duiwel. Julle wat volhard tot die einde toe, sal gered word.
Jy moet getrou wees aan jou erfenis. Dit is ook belangrik om getrou te wees aan die edelste in jouself – dit wat Ek bedoel het dat jy moet wees. Die hoogste en belangrikste van alle trou, is getrouheid aan My, julle Elohim. Dit behoort die beginsel van jou bestaan te wees, en jy sal die vrugte in jou lewe pluk.
Ek hou jou in My liefde vas, sodat jy tot die dood toe getrou sal wees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205