OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 139
Die boom
07 Januarie 2008 om 11h00
Die natuur is ook ‘n bron van geestelike kennis. Ek, jou Elohim, spreek met julle deur natuur en Skriftuur. Kyk om jou, daar is baie geestelike lesse wat julle van die boom kan leer. Om vergenoeg te wees met jou omstandighede, is ‘n belangrike boodskap wat julle van bome kry. Die boom het ‘n nietige, klein begin. Die grond waarin die saadjie groei kan armoedig wees, maar nogtans groei dit stadig tot ‘n magtige boom. Hieruit leer julle dat dit nie saak maak waarvandaan julle kom nie, maar wel waarheen julle groei.
Geduld is ‘n voortreflike Christelike deug. Hierdie wêreld aanbid aksie en streef na vinnige resultate. Die boom leer julle, dat alle dinge wat werklik die moeite werd is, langsaam ontwikkel. Daar is geen kortpaadjies wat gestadige groei kan vervang nie. Julle as gelowiges moet regop en onbeskaamd in die wêreld kan staan. Julle offer dikwels beginsels op ter wille van prestige. Die boom staan onwankelbaar deur elke stormwind, bittere koue en versengende son. So moet julle die lewe met moed, opregtheid en eerlikheid tegemoetgaan. Julle integriteit moet sodanig wees dat julle altyd regop kan staan en die wêreld onbeskaamd in die oë kan kyk.
Julle het mekaar nodig. Die boom wat alleen op die vlakte staan, word maklik deur ‘n orkaan of stormwind ontwortel. Die plantasie breek die geweld van die wind en daarom weet die bome dat hulle mekaar nodig het om te bestaan en te oorleef. Die boom leer ons die ware betekenis van broederskap. Sonder groei is daar stagnasie en dood. Julle is dikwels so tevrede met julle huidige posisie dat alle idealisme en ambisie kwyn en sterf. Groei en kennis en geestelike kwaliteit is van die uiterste belang.
‘n Mens (julle) moet wortels hê wat diep in die goeie aarde inboor sodat jy stewig kan staan. Julle moet gewortel wees in die geloof, sodat julle gevoed kan word en sodat julle takke kan uitsprei na die lig wat groeikrag gee. Deur die stewigheid en julle wortelstelsel sal julle kan vrugte dra en koelte verskaf aan ander mense.
Die boom is altyd gereed tot diens. Dit word gebruik vir talryke doeleindes om die mensdom te verryk. Dit het vir My, julle Heiland, gedien as krip, maar ook as die vloekhout – sodat die ganse wêreld verlossing kon smaak.
Kyk, Ek, jou hemelse Vader en Elohim, maak jou oë vir jou oop, sodat jy die wonders van My Hande kan aanskou en daaruit vir jou lewe seën kan put. Wees bly vir die stille skoonheid en diensbaarheid van bome.
Hierdie is ‘n les en boodskap vir almal wat My liefhet.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205