OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Rustig by God
24.11.2007 om 22h00
Innerlike onrus, beproewing en verwarring, word deur botsende belange veroorsaak, en dit lei uiteindelik tot onvrede, rusie en oorlog. Kyk, dit veroorsaak rusteloosheid, sowel as geestelike en verstandelike tamheid en verwarring.
Voorwaar, innerlike vrede is ‘n toegewyde en konstante verhouding met My. Om jou doelwitte in die lewe te identifiseer en dit met oorgawe na te jaag, gee rigting en stabiliteit aan jou bestaan.
Ja, Ek weet om ‘n lewensdoel te kies, is nie altyd maklik nie, maar daarsonder smaak jy nooit die vreugde van innerlike vrede en kalmte nie. As jy jou oopstel vir die invloed van die Heilige Gees en Hom vra om jou lewensdoel te omlyn, sal jy nie teleurgestel word nie.
Kyk, as jy opreg vir My vra vir ‘n lewensdoel waaraan jy jou lewe, tyd, kragte en talente kan wy en jy gehoorsaam die pad wat Ek aandui, volg, sal die vreugde en vervulling nie uitbly nie!
Voorwaar, jou lewe sal vol en vrugbaar ontwikkel. Wanneer ander paniekerig rondhardloop, sal jy vrede ken en rustig wees by My, omdat jou lewe beheers word deur die Heilige Gees.
Julle bely dat julle lewe in ‘n wêreld van onrus tussen mense, en dat julle meermale kwaad met kwaad vergeld en nie die norme oor vrede wat die Skrif voorhou, toepas nie. Kyk, julle word opgeroep om elke dag vir vrede te bid, en vrede na te streef. En deur julle vrese loop julle soveel mis van die vreugde wat die Heilige Gees gee. Vrede kan Satan verpletter.
Kyk, My gawe van vrede kom in oorvloed na julle wat gewillig is om ander te vergewe; selfs jou vyande wat jou benadeel en kwaad aandoen. Julle vind My vrede as julle verdruktes bevry; as julle voedsel gee aan hongeriges; as julle streef na ‘n regverdige samelewing waarin die liefde van My triomfeer.
Vrede met My is die toegangspoort tot vrede in My! Jou skuld is betaal; die kruis op Golgota is waarborg daarvan. Jy moet dit aanneem en jou eie maak.
Julle moet altyd hierdie woorde onthou: Ek, die Vader, sal julle altyd liefhê en aan julle vrede gee;
Ek, die Heilige Gees, sal julle altyd vertroos en julle in My waarheid lei.
Geseënd is julle vredemakers, want julle sal kinders van My, julle liefdevolle Vader genoem word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205