OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 141
Jou krisis is ‘n uitdaging.
07 Januarie 2008 om 10h00
In die lewe van elke mens en ook joune kom daar soms krisisse. Dit raak nie net een mens nie, maar kring gewoonlik uit na buite en veroorsaak ook probleme in jou lewe en die van ander. Waarom sal jy voortleef in ‘n donker groef van eensaamheid, droefheid en depressie, terwyl ‘n krisis omskep kan word in ‘n geleentheid om op te staan en weer voluit te lewe tot eer van My jou Skepper? Die wat nou hier lees moet onthou dat hierdie ‘n beskeie doel en boodskap is om jou wie se lewe ontspoor het as gevolg van die een of ander gebeurtenis, aan die hand te vat en te stap in geloof, uit jou krisis te lei en op koers te plaas na ‘n gelukkige en vrugbare lewe.
Jy het miskien ‘n sonde of misstap begaan waaroor jy jouself nie kan vergewe nie. Jy is dalk verslaaf en jou lewe word deur magte beheer waarteen jy in eie krag nie opgewasse is nie. Jy kan daarvan probeer wegvlug, soos Jona, om dan net swaarder beproef te word. Jy kan selfs daarmee saamleef in selfbejammering en afsondering, om uiteindelik ‘n verbitterde mens te word. Maar vir die wat sy oë op My gerig hou, vir jou is daar ‘n oplossing. Jy kan die doel agter dit wat jou getref het, soek en dit omskep in ‘n geleentheid. Jou krisis is ‘n uitdaging.
As jy jouself kan sien en aanvaar soos wat jy is, en jou krisis kan aanvaar as jou probleem, sal dit jou verhouding tot My, jou Elohim, en jou naaste dadelik op ‘n gesonder vlak bring.
Die probleem hoe groot dit ook al mag wees, is maar net tydelik soos jou hele aardse bestaan. Ek, jou hemelse Vader, is daarvan oortuig dat die lyding wat jy moet verduur, nie kan opweeg teen die heerlikheid wat Ek vir jou in die toekoms sal laat aanbreek nie. Kyk, My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Wat ‘n heerlike troos en krag. In die stilwees sal jy jou innerlike self opnuut ontdek en sal jy net soos My skryfkneg, ‘n stem hoor wat vir jou sê: “Dit is die weg, wandel daarop. Jy is tog tot alles in staat deur My wat jou krag sal gee. Ja, jou geloof is nie van jou of jou gevoelens of jou krag afhanklik nie. Dit is ‘n gawe van My. Aanvaar dit, wees dankbaar daarvoor en gee jou lewe onvoorwaardelik aan My oor.
As jy graag weer sinvol en gelukkig wil lewe – as jy bereid is om jou swak hand in ‘n sterk Hand te plaas – luister dan Ek roep jou: “Kom na My, Ek sal jou toerus met al die krag om jou krisis te oorwin.”
Wees lief vir My jou Meester en Verlosser.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205