OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 143
‘n Lied in die hart
08 Januarie 2008 om 23h00
‘n Singende mens is ‘n gelukkige mens. Ek, jou Elohim, het bedoel dat daar sang in die wêreld moet wees. Kyk, daar is sang in die natuur en in die dierewêreld. Ja, daar was sang met My geboorte en daar sal eenmaal in die hemel sang wees. Dit is goed vir julle wat nou hier lees, dat Ek, voordat Ek uitgegaan het na Getsemane, saam met my dissipels ‘n lofsang gesing het. Lofsange word altyd gebore in dankbare harte, al is dit dan onder die droewigste omstandighede. As die mens sy lied verloor, verloor die lewe sy sin en betekenis. Julle vra waarom kon Ek sing? Omdat My hart in harmonie was met My Elohim en omdat Ek die werk wat Elohim aan My opgedra het, nougeset gedoen het. Dit beteken nie dat My taak maklik was nie, maar die loflied het sy eie bemoediging, selfs in die swartste nag. Ek kon sing omdat My gewete skoon was en omdat Ek geglo het geregtigheid sal seëvier.
Sang het getuig van gehoorsaamheid en oorgawe aan die wil van jou Hemelse Vader. Ek het geweet wat vir My voorlê, maar tog kon Ek ‘n danklied sing omdat Ek seker was dat Ek binne die wil van My Vader opgetree het. My sang het ook getuig van selfopoffering om die mens se ontwil. Hoe moeilik ook die pad wat Ek moes loop, in die geloof het Ek die oorwinning oor die magte van die Bose reeds gesien en kon Ek by voorbaat seker wees in die stryd vir die oorwinningsgenade. Om te sing met die vervulling van julle Godgegewe plig. Om onder die kruis in te buk, nie murmurerend nie, maar met ‘n loflied op julle lippe en dit agter die Groot Kruisdraer aan te dra. Dit leer julle dat julle ook moet sing in tye van probleme en beproewing. Dit sal nie moeilikhede laat verdwyn nie, maar dit sal julle krag gee om dit te dra.
Wanneer ‘n koning in sy paleis woon, wapper die vlag oor die paleis. In die koning se afwesigheid egter, is daar geen vlag te sien nie. Sang is die vlag wat die gelowige uithang om aan die wêreld te toon dat Ek in sy hart woon.
Ek weet dat omstandighede soms dreig om die lied in jou hart te smoor. Ek sal jou krag gee om My voorbeeld te volg. In My Naam Jahshua Messias.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205