OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Vergifnis
25/11/2007 om 12h30
Julle het gesien dat julle vrygespreek is op grond van My liefde. Om gered te wees, beteken om van jou oortreding teen die wet vrygespreek te wees. Kyk Ek die Almagtige, skryf julle skuld af. Ek het betaal wat julle nie kan vereffen nie. In julle plek het Ek met My lewe die offer gebring wat julle moes bring. Daarom kan julle as verlostes leef.
Dit beteken natuurlik dat julle ook geroepe is om mekaar te vergewe. Julle moet nie wraakgierig wees, julle moet nie so gesteld wees op julle eie eer dat julle mekaar nie kan vergewe nie. Nee, met die vrede wat die vergifnis van My bring, moet julle ook mekaar vergewe.
Dit is nogal ironies dat julle nie altyd kategories weet waar om My, julle Vader te plaas nie. Of Ek word as 'n toornige Opperwese voorgestel wat nie die geringste ou misstappie ongestraf laat nie, of anders as 'n Vader van liefde wat darem te regverdig en te goed is om die sonde te straf.
As daar twee dinge is wat julle vandag kan leer ,is dit die volgende: Eerstens dat Ek tog 'n vergewende God is, en tweedens dat Ek die sondes nie ongestraf laat nie. Kyk, deur die gebed word die nuwe lewe vir jou as sondaar 'n werklikheid. Ontvang julle My as julle Geregtigheid, sterwe julle saam met My. Maar Ek is nie slegs julle Geregtigheid nie, maar ook julle Heiligmaking.
Kyk, by die kruis ontvang julle vergifnis van sonde en vrede; by die opstanding ontvang julle volkome verlossing." Omdat Ek altyd leef om vir julle in te tree."
Die slimste sielkundige kan nie die geheim van bekering verklaar nie.
Die beste antwoord is: Dit is 'n wonderwerk. Kyk die Messias sê: "Die wind waai waar hy wil,en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie van waar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is."
Die geheim is: Julle moet wandel op die Woord van My. Julle sal die bose oorwin met die swaard van die Gees (dit is die woord van My).
Julle stryd is dus 'n stryd om nie te stry nie, want Ek stry vir julle. Julle moet stil wees.
Die Skrif sê:" Hy wat jou roep is getrou. Ek sal dit ook doen." Dit is my werk in en deur julle. Stel julleself tot beskikking var My en die bloed van die Lam sal jou gewete reinig van dooie werke, en jy sal lewe en oorvloed hê.
Luister dan vandag nog na My wat aan die kruis gesê het: Dit is volbring", en kom na die Vader. Ek sterk jou daartoe!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205