OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 150
Die wonderbare krag van lofprysing.
11 Januarie 2008 om 00h30
Dis dikwels die geval dat wanneer jy oor gebed nadink, jy My, Elohim, wil dank vir wat Ek vir jou gedoen het, jou behoeftes aan My wil voorlê en voor My jou sondes en tekortkominge wil bely. Ja, dit is droewig maar waar, dat julle dikwels nalaat om My gebedslof te betuig. Moet nooit die krag van lofprysing in jou gebedslewe onderskat nie. As ‘n medemens jou beïndruk, dan praat jy woorde van lof teenoor hom of teenoor ander mense. Goeie kunstenaars, sportmanne, musikante en sangers word oorlaai met lofbetuigings. Heldedade, toewydings en diens word geloof. As enigiemand ‘n besondere mate van voortreflikheid in die lewe openbaar, word die persoon met lof oorlaai. Daar is altyd ‘n rapport tussen die gewer en die ontvanger van lof.
Waarom sal julle My dan nie met lofprysing dien nie? Dink aan al die uitnemende dinge (dade) wat Ek gedoen het; die wonderwerke wat uit My vloei; die besondere graad van My liefde. Bepeins vir ‘n oomblik die wonders van die heelal en die skepping; van menslike lewe en prestasie en loof en prys My. Bo almal is Ek julle lof en danksegging waardig. As jy daarop konsentreer om My te loof en prys, sal jy ‘n baie besondere verhouding met My skep, wat jou gebedslewe sal transformeer en jou liefde vir My sal vermeerder. Jy sal steeds, deur lofbetuigings, ‘n kragtiger getuie vir My word.
Lofprysing is die produk van ‘n singende hart. Dit is die innerlike mens wat hom verbly in die liefde en My genade.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205