OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 154
Die drie kruise.
11 Januarie 2008 om 15h45
Op die heuwel van Golgota het drie kruise gestaan. Elkeen van hulle het vir julle ‘n besondere betekenis en boodskap.
Daar was die kruis van rebellie en opstand. Die een kwaaddoener het My, Jahshua gesmaad en gesê: “As U die Christus is, verlos Uself en ons.” Hy is die prototipe van almal wat hulle teen die kruis verset; van almal wat te hoogmoedig is om genade te vra; van almal wat My spot en verwerp. Die rebellerende rower het in sy sonde gesterf, nie omdat Ek hom nie “kon” red nie, maar omdat hy nie gered wou word nie. Hy het die ewige dood gekies bo die lewe wat in My, Messias te vinde is. Hy leer julle dat ‘n mens digby jou Almagtige Verlosser kan lewe, en tog in jou hardkoppigheid en sonde verlore kan gaan.
Daar was die kruis van berou en verootmoediging. Daaraan hang die rower wat dood was vir sy sonde, maar wat in My lewe gevind het. Daar is by hom geen bitterheid nie. Daar word geen opstandige vrae gevra nie. Geen eise word gestel nie. Hy smeek alleen om vergiffenis en om onthou te word. Om berou te hê, beteken om van gedagte te verander. Dit beteken om anders na gebeure te kyk en hulle in ‘n ander lig te sien – soos Ek, Elohim, wil hê dat julle moet sien en oor hulle moet dink. Ek het in sy lewe deurgebreek en sy sonde uitgewis en selfs in sy sterwensuur het dit geen mag oor hom nie. Hy word aan My hand die hemel ingelei as eerste vrug van die kruis.
Die middelste kruis is die kruis van verlossing. Dit het My, Jahshua Messias, reeds in die lewe van een rower bewys. Die middelste kruis is die kruis van My wat vir jou sonde gesterf het. Soos wat Ek die kwaaddoener gered het, so red Ek almal wat in skuldbelydenis na My toe kom. Ek doen dit deur My dood aan die kruis en die wederbarende werk van die Heilige Gees. Dit is die Gees wat julle lei om die implikasies van die drie kruise op Golgota in julle eie lewe te verstaan en daarop te reageer. Dit is wat julle leer om in berou en ootmoed te sê: “Ja, ek kos Hom die slae, die smarte en die hoon. Hy dra, na Gods behae, die kleed, die doringkroon. Vir my was daardie wonde, vir my moes Hy daar staan; hy moes vir al my sonde die bittere kruisweg gaan.”
Ek lei jou aan My hand die ewige woninge in, wat Ek vir jou deur My kruisdood verwerf het.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205