OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 156
Wanneer Ek weer kom.
11 Januarie 2008 om 23h00
Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees as Ek, Jahshua, weer kom.
Vir eeue nou al probeer julle die presiese datum vasstel waarop die wêreld sal vergaan. Ten spyte van die feit dat Ek uitdruklik gesê het dat dit nie vir julle is om die tyd te weet nie en dat alleen Ek dit weet, word die profesieë voortgesit. Die werklike datum van die einde van ons tydsgewrig is van weinig belang, indien jy toegerus is om dit te ontmoet. Die belangrikste aspek van My Wederkoms is nie wanneer dit sal plaasvind nie, maar wel of jy daarvoor gereed sal wees om My te ontmoet en verantwoording te doen vir jou lewe en dade.
Mense doen baie moeite om hulle vir spesiale geleenthede voor te berei: julle maak deeglike voorsiening vir julle aftrede; julle sorg dat julle sake in orde is, indien julle skielik sou sterf. Wanneer ‘n storm dreig, word die deure en vensters gesluit; boere beskerm hulle vee teen die koue van die winter; versekering word uitgeneem teen diefstal, verlies en ongelukke. Hoeveel belangriker is dit dan nie om julleself geestelik en verstandelik voor te berei, sodat jy My wederkoms met vreugde sal verwag nie? Dissiplineer jouself om tyd in gebed en bepeinsing deur te bring in My teenwoordigheid. Gee jou oor aan die invloed van die Heilige Gees, sodat wanneer Ek ookal mag kom, jy gereed sal wees.
Ek het beskik dat die dag van My wederkoms vir julle verborge sal wees, sodat julle as’t ware in spanning op die uitkyk sal wees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205