OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 159
Ontsagwekkende wonderwerk.
12 Januarie 2008 om 03h30
Jy kan nadink oor wat die grootste wonderwerk vir jou is. Daar is ‘n hele verskeidenheid waaruit jy kan kies. Die voeding van die vyfduisend; water wat in wyn verander word; lammes wat loop en blindes wat kan sien; Lasarus wat uit die dood opgewek word. Ja, almal kan as groot wonderwerke beskou word. Jou antwoord op hierdie vraag kan moontlik meer persoonlik wees. Ek mag jou genees het; wonderlike gebedsverhorings het plaasgevind; jou lewe mag onherroeplik verander geword het deur My liefde en die werk van die Heilige Gees. Dit mag jy moontlik as die grootste wonderwerk van almal beskou.
Kan daar ooit ‘n groter wonderwerk wees as die asembenemende feit dat jy van My ‘n nuwe lewe ontvang het? Ek is die grootste van alle wonderwerke. Alle ander wonderwerke kry hulle krag en inspirasie uit My. Ek het gekom en aan die gewone mense My Kom openbaar. In My het mense gesien hoe Ek lyk. Na ‘n tyd op aarde het Ek fisiek na die hemel opgevaar en aan My gelowige volgelinge die Heilige Gees gegee. Al het daar reeds baie tyd verloop, is Ek nog lewend en aktief in jou lewe.
Ek behoort aan die ewigheid en kan daarom nie deur tyd en plek beperk word nie. Ek is die grootste wonderwerk ooit en is vandag nog net so werklik soos toe Ek die aarde bewandel het. Glo in My!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205