OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Tel jou dae en laat elke dag tel
26/11/2007 om 03h00
Dit is nie die getal van julle dae wat belangrik is nie, maar die inhoud daarvan. ‘n Lang, nuttelose lewe is eintlik kort as dit met My meetsnoer gemeet word. Maar ‘n kort lewe, vol van arbeid en toewyding en seën aan ander, kan lank wees voor My julle Vader.
1)                 Tel jou dae as ‘n kosbare besitting uit die hand van jou Vader
‘n Mens staan dikwels in verwondering oor die feit van die lewe en tyd en wonder soms of jóú lewe onder die van soveel miljoene ander mense, dan werklik vir My tel. Maar Ek, jou Vader, doen alles met ‘n doel, ook die skepping van jou lewe pas in My meesterplan. Omdat Ek die bron en oorsprong daarvan is, is lewe en tyd heilig en moet julle dit met eerbied en groot dankbaarheid hanteer.
2)                 Tel jou dae as persoonlike eiendom.
Kyk, jy is ‘n eenmalige skepsel van My en die tyd en jare wat Ek aan jou gegee het om te leef, kan niemand anders vir jou lewe nie. Dit is jou voorreg, maar ook jou verantwoordelikheid. Kyk, die lewe is soos ‘n spieël: Dit gee niks anders terug as wat jy daarin plaas nie. Wat jy met jou lewe doen, het Ek aan jou oorgelaat. Ek vertrou jou met die grootste gawe wat Ek aan ‘n mens kan gee. Daar is nie ‘n enkele mens in die geskiedenis wat ‘n lewe van gemak en niksdoen gelei het nie.
3)                 Tel jou dae as gewigtige tydperk.
Vir elkeen is die lewe ‘n proeftydperk voordat julle die ewigheid ingaan. Kyk, julle is besig om ‘n vakleerlingskap uit te dien. Die lewe is ernstig, want dit loop uit op die ewigheid. Die manier waarop julle, julle tyd gebruik, sal bepaal waar julle die ewigheid deurbring. Kyk, baie van julle is gewillig om vir Christus te sterwe; dit is egter baie moeiliker om vir Christus te lewe.
Voorwaar Ek sê vir jou, hierdie waarheid is nie maklik om te aanvaar nie, maar totdat jy, jou eie innerlike lewe in harmonie met My het, is dit onmoontlik om te hervorm. Ek het immers gesê: Die koninkryk van die Vader is binne–in julle. Julle moet in julle persoonlike lewe aanhou streef na volmaaktheid, al skiet julle dikwels te kort.
Die groei tot volmaaktheid is ‘n geleidelike proses. Jy mag die voltooiing daarvan moontlik eers in die hemel smaak. Jy moet ‘n boom wees wat sy wortels diep in die goeie geloofsaarde inslaan en vrugte dra wat by jou bekering pas. Kyk, Ek het belowe om altyd met jou te wees – in oorwinning en in neerlaag. Ek sal jou in staat stel om in dié stukkie van My koninkryk wat jy vir My beman, ‘n positiewe bate te wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205