OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 160
Vertrou My.
13 Januarie 2008 om 09h00
Ek is werklik, maak nie saak hoe jy voel nie, My genade geld steeds ten volle; Ek Elohim is steeds aan jou kant, al voel jy dit nie. As jy voel of Ek jou verlaat het, maar My ondanks jou gevoelens steeds vertrou, aanbid My en onthou wat Ek reeds vir jou gedoen het.
Ongelukkig vergeet julle van die uiters pynlike offer wat Ek namens julle gebring het. Voor die kruisiging is Ek kaal uitgetrek, geslaan, tot kroon op My kop gesit, en mense het met veragting op My gespoeg. Ek is deur hartelose mense mishandel en bespot, en erger as ‘n dier behandel. Toe byna bewusteloos weens bloedverlies, moes Ek ‘n swaar kruis teen ‘n heuwel op dra, en toe is Ek daaraan vasgespyker en daar gelos sodat Ek ‘n stadige, pynlike marteldood aan die kruis kon sterf. Ek kon Myself gered het – maar dan sou Ek jou nie kon red nie.
Woorde kan daardie donker oomblik nie beskryf nie. Dit het Ek alles toegelaat sodat jy ‘n ewigheid in die hel gespaar sou bly, en sodat jy vir ewig deel aan My heerlikheid kon hê. Ek het alles prysgegee, sodat jy alles kan kry. Ek het gesterf, sodat jy vir ewig kan lewe. Jy moet nooit weer wonder waarvoor jy dankbaar moet wees nie. Ek wil hê jy moet My ten volle vertrou en Ek wil hê jy moet jouself wees.
Vertrou dat Ek My beloftes sal nakom, ja, jy moet geduldig op My beloftes vertrou. Ek het ‘n goeie plan vir jou lewe.
Om deel van My familie te wees, is die hoogste eer en die grootste eer en die grootste voorreg wat jy ooit sal ervaar. As jy die dag onbelangrik, ongelief of onseker voel, moet jy net onthou aan wie jy behoort. Ja, ontvang My in jou lewe as jou Verlosser. Ontvang My vergifnis vir jou sondes. Ontvang My Gees en word nou deel van My familie.
Moenie verskonings maak nie, stel nie uit nie en wag nie vir beter omstandighede nie. Raak betrokke en wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205