OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 161
Die dure prys van sonde.
13 Januarie 2008 om 21h30
Gevolge van sonde bly dieselfde. Sonde skei julle van My, Elohim, skep skuldgevoelens, minderwaardigheid en frustrasie en beroof jou van innerlike vrede en gemoedsrus. Jy kan nie sondig sonder om uiteindelik uitgevang te word nie. Julle glo dat julle die uitsonderings is op My Goddelike wet dat jy net maai wat jy saai. Julle sondig sonder enige gedagte aan die gevolge. Sonde het sy eie prys en dit kan geweldig hoog wees indien julle bereken hoeveel hartseer, skande en droefheid dierbares aangedoen word wanneer dit geopenbaar word.
Ek, jou Elohim, versoek niemand nie; sonde word deur jou eie vrye keuse gedoen. Jy skei jou van My af deur jou eie pad te loop en dan af te wyk van My pad. Om doelbewus voort te gaan met sonde, is om geestelike selfmoord te pleeg. Om My te aanvaar as jou Verlosser en Saligmaker van jou lewe en om bewustelik in My teenwoordigheid te leef, is jou sekerste bewaring van sonde. Dan ondervind jy vryheid en verlossing van skuldgevoelens. Die Heilige Gees gee jou die krag om op oorwinningsgrond te leef.
Oorwin jou sonde deur ‘n groter Krag.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205