OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 162

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 162
So groei ons.
13 Januarie 2008 om 22h50
Ek, Elohim, wil hê jy moet grootword.
My doel vir jou is dat jy volwasse word en My karakter aanneem. Ongelukkig word miljoene gelowiges ouer, sonder om ooit groot te word. Julle bly gedurig in jul geestelike babaskoentjies en doeke vassteek. Dit is omdat dit nooit jul bedoeling was om te groei nie. Geestelike groei kom nie outomaties nie. Jy moet wil groei, jou inspan om te groei, en aanhou groei. Jou eerste stap met geestelike groei is om anders te begin dink. Geestelike groei is die proses waardeur julle lewens met die waarheid vervang word.
As julle soos Ek word, is dit omdat julle dieselfde soort keuses as Ek maak, en op My Gees staatmaak om julle te help om die keuses te vervul. Wanneer jy ernstig raak om soos Ek te word, moet jy op nuwe maniere begin optree. Jy gaan van jou ou roetines moet prysgee, ou gewoontes laat vaar en jou denkwyse doelbewus verander. Ja, die Heilige Gees sal jou met veranderings help. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is Ek wat julle gewillig en bekwaam maak om My wil uit te voer. Geestelike groei beteken dat jy en die Heilige Gees saamwerk. My Gees werk met julle en nie net in julle nie.
Kyk, My Woord skep lewe en geloof, veroorsaak verandering, skrik die duiwel af, bring wonderwerke voort, genees seerplekke, bou karakter, verander omstandighede, gee vreugde, oorbrug probleme, laat versoeking wyk, gee hoop, stel krag vry, maak ons gedagtes skoon, bring dinge tot stand en waarborg julle toekoms vir ewig! Julle kan nie sonder My Woord lewe nie. My Woord is die geestelike voedingstof wat vir die vervulling van jou doel noodsaaklik is. Die Skrif word julle melk, brood en kos genoem. So ‘n maaltyd is die Gees se spyskaart vir geestelike krag en groei. Daarom moet julle ... ootmoedig die woord aanneem wat Ek in julle geplant het, want die Woord kan julle red.
Moenie tou opgooi nie. Volhard en jy sal ontvang wat Ek belowe het.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205