OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 164
Waak teen hoogmoed.
14 Januarie 2008 om 04h58
Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val. Ja, dit is ‘n onomstootlike lewenswaarheid. Oor die jare heen en in verskillende omstandighede was daar mense uit al die lae van die samelewing wat hierdie waarheid onderskryf. Hulle eie bittere ondervinding het die waarheid en waarskuwing van hierdie wyse woorde bevestig. Daar kom baie tye in die lewe wanneer jy gedronge voel om op jou eie waardigheid te staan, of om ‘n gesindheid van koele afsydigheid te handhaaf. Die omstandighede waarin jy so optree, mag as regverdiging dien vir jou optrede.
Wat ook al die situasie mag wees, dit sal verstandig wees om aan jouself te sê: “Daar gaan ek, as dit nie vir die genade van God was nie.” Die nederigheid van My, julle Messias, was opvallend dwarsdeur My aardse bestaan. Selfs in My dood en opstanding het Ek tussen alle klasse beweeg sonder hoogmoed of meerderwaardigheid. Volg My voorbeeld. Selfs in oomblikke wanneer jy struikel, sal Ek daar wees om jou by te staan en jou op die regte pad te plaas.
Hoogmoed is die grond waaruit al die ander sondes groei.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205