OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 166
Die boom word aan sy vrugte geken.
14 Januarie 2008 om 22h30
Die mens is nie wat hy van homself dink nie, maar wat hy dink, dit is hy. Jou werklike wese is diep in jou hart verberg. Dis waarom Ek, Jahweh, so ‘n intense belangstelling het in die innerlike van die mens. As jou innerlike reg is, sal jou lewensuitinge ook reg wees, omdat jou lewensuitinge deur jou innerlike gesteldheid bepaal word. As jou lewensuitinge verkeerd is, dan is dit omdat jou innerlike nie reg is nie. Die boom word aan sy vrugte geken.
Jy was eerlik met jouself en het verstaan dat die vergrype van jou lewe die vrugte was van ‘n sondige gemoed, of hart. Eers kom die gedagte in die hart op en dan volg die daad. As die daad verkeerd is en jy het nie dadelik berou en maak dit reg nie, maar herhaal dit, vorm jy ‘n verkeerde gewoonte. Die gewoonte beïnvloed jou karakter en jou karakter weer jou lewensbestemming. En dit alles het by ‘n gedagte in jou hart begin.
Wat Ek, Elohim, van jou vra, is dat daar opregtheid diep in jou hart sal wees. En as dit waar is, sal jou dade, gewoontes, karakter en lewensbestemming daaruit voortvloei. Jy sal ‘n betroubare en veral bestendige mens wees. Mense sal jou kan vertrou. Ek sal jou kan vertrou. Maar jy sal ook ‘n mens wees met albei voete op die aarde en dit sal nie swaar vir jou wees om die offer te bring wat Ek van jou vra nie: “Verootmoediging.” Dan het Ek My doel in jou lewe bereik en ‘n rein hart in jou geskep, jou gees vernuwe en jou standvastig gemaak. Mooier en beter kan dit nie met jou gaan nie. Waak dan oor jou hart meer as oor enigiets anders wat jy besit.
Luister, en waak oor jou hart!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205