OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 168
Wat is verstandige optrede
15 Januarie 2008 om 00h05
Soms kom jy voor ‘n moeilike keuse te staan en dan weet jy nie wat om te kies nie. Dit is altyd ‘n goue reël om niks te doen waaroor daar die geringste twyfel is nie. As daar ‘n stem in jou sê dat alles nie pluis is nie, stop dan in jou spore. Moenie verder gaan nie, want so lei die Heilige Gees jou. Toe jy My aangeneem het as jou Verlosser en tot bekering gekom het, het jy die Heilige Gees ontvang. Hy is in jou om jou te herinner aan My, jou Messias, om jou die weldade van My deelagtig te maak, maar ook om jou in jou alledaagse lewe te lei. En hy doen dit deur jou gewete en onderbewussyn. Wees dan fyn ingestel op hierdie sagte en dikwels skaars voelbare leiding van die Heilige Gees.
Om so te luister, is om verstandig te wees in My oog. Maar dit kan ook wees dat jy voor ‘n keuse te staan kom waar jy direk weet dat die een saak indruis teen My Woord. Dan mag jy dit nie kies nie, al lyk dit hoe aanloklik. Om te luister na My Woord, is verstandig in My oog. Dis sonde om teen My wil in opstand te kom. Dan bots jou belange met My belange en jou weg met My weg. En Ek, Elohim, is besig om die skepping na My bestemming te neem. Maar as jy gehoorsaam is en bereid om kinderlik van My leiding afhanklik te wees, sal jy inpas in My plan en sal daar uitkoms vir jou kom.
Leef dan elke dag verstandig in My oog. Dit is op die ou end die moeite werd. Om verstandig te leef, beteken dat jy voortdurend na My wil vra en daarna luister. Nie jou wil nie, maar My wil. Kom en verootmoedig jou voor My. Dis wat Ek in jou lewe soek.
Kom na My, wees lief vir My!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205