OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Gevaarlike halwe waarhede
27/11/07 om 02h15
Die geval van ʼn halwe waarheid is dat jy die verkeerde helfte kan beetkry. So is daar sekere dinge wat julle sê wat meesal veralgemeen is en wat gevaarlike halwe waarheid is
Kyk, julle sê soms: “Die Vader sal voorsien.” Dit is ʼn heerlike waarheid, maar alleen as julle iets doen om julleself te help. As julle bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood” kan julle nie gemaklik terugsit in ʼn leunstoel en rustig slaap en dan verwag dat wanneer julle wakker word, daar brood en koek ook moet wees nie! Julle weet dat julle moet ploeg en saai, moet oes en bak, voordat die brood julle kan bereik. Sowaar, een van die grootste geestelike waarhede wat julle moet leer, is dat Ek, julle Vader, diegene help wat hulself help. As julle wil hê Ek moet voorsien, moet julle eers julle plig doen.
Dit word dikwels gesê dat as Ek aan jou ʼn taak gee, Ek jou ook die krag sal skenk om dit te doen. Ja, julle het dit almal al gesê: Maar dit is slegs ʼn halwe waarheid. Toewyding maak sleurwerk heilig. Om jouself oor te gee aan ʼn taak, vrywaar jou nie opleiding en vakleerlingskap nie. Nee, inteendeel dit lê die plig van voorbereiding onherroeplik op jou. As jy eenmaal deur My geroep word tot ʼn taak, moet jy jouself daartoe verbind om jou deel te doen.
Baie keer sê julle: “Daar sal ʼn deur oopgaan!” Ja, dit is waar, maar dan alleen as julle daarvoor soek. Ek sal sorg dat die deur daar is, maar julle moet dit vind en die sleutel in die slot sit en oopsluit. Ja, julle moet die deur oopmaak en self ingaan. Kyk, Ek die Messias, sê self: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; Klop, en vir julle sal oopgemaak word.” Kyk, daar is ʼn regte en ʼn verkeerde soort vertroue. Die verkeerde soort vertroue wag vir My om alles te doen. Die regte soort verklaar hom gewillig om wat gedoen moet word, om dit saam met My, julle Vader, te doen! Met My is alle dinge moontlik. Ek skep die moontlikhede, maar julle moet hulle omskep in werklikhede.
Kyk, Ek sê weer dat Ek, julle Aparte Vader, is die waarheid en alleen die volle waarheid. Jy moet jou nie verkneg aan halwe waarhede wat jou geestelike lewe sal skaad nie.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205