OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 170

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 170
‘n Nuwe lied in die hart.
15 Januarie 2008 om 03h00
Dit gebeur in die lewe dat ‘n mens daarna smag dat Ek, Elohim, moet ingryp in jou lewe net om dinge te verander of om sake op te klaar. So het dit ook met My skryfkneg gebeur: “Hy het gesmag na My hulp” Hy het My lank verwag. Ek, Elohim is die hoorder van gebed. Maar Ek hoef nie altyd “ja” te sê, of onmiddellik te reageer nie. Soms is dit baie noodsaaklik dat julle geloof getoets en julle vertroue op die proef gestel word. Die ware geloof kan daardeur alleen versterk word. Daarom kan Ek so lank stilbly.
Maar wat ‘n pragtige getuienis is dit nie wanneer iemand soos hy kan sê: “Ek het die Vader lank verwag.” Ja, oor ‘n lang tydperk en partykeer onder moeilike omstandighede het sy geloof geweier om te verkrummel en het sy vertroue ‘n anker in My lewe behou. Die geloof beskaam egter nooit nie, want uiteindelik het Ek neergebuig en toe was sy verlossing soveel kosbaarder. En diep in sy hart is ‘n nuwe lied gehoor – ‘n loflied tot My. Ja, hierdie blye mens voel soos iemand wat uit die modder getrek en op ‘n rots geplaas is. Ja, hy besef as verloste dat hy voortaan dank aan My verskuldig is, en die dank wat Ek van hom wil ontvang, is gehoorsaamheid, asook dat hy teenoor ander moet getuig van My weldade aan hom bewys. Hy besef egter dat hy dit ook nie sonder My kan doen nie; daarom moet hy bid dat My liefde en trou hom voortdurend moet bewaak.
Hiermee was die probleme nie opgelos nie, maar uit die weg geruim. Aan ellende ontbreek dit nie so gou in die lewe nie. Daarom moet jy bly bid en weet: Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in My stel.
Voorwaar, dis pragtig om so ‘n getuienis aan te hoor, maar dit sal jou niks baat as jy dit nie in jou eie lewe toepas nie. Julle moet My vertrou soos hy dit gedoen het. Ja, jy moet My vertrou en bly verwag. Julle grootste probleem lê nie in die moeilikhede om jou nie. Dit lê in jou – jou halwe of selfs swak vertroue in My. Daar sal altyd moeilike omstandighede wees, maar as jy My vertrou, gee Ek jou genade om alles te oorwin en blymoedig te wees.
Ek, Elohim, herhaal, vertrou in My en jy sal genade ontvang.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205