OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 172
Wat sou Ek, Messias gedoen het?
16 Januarie 2008 om 00h45
Die versoeking is altyd daar om in ‘n gegewe situasie op ‘n normale menslike manier te reageer. Gevolglik sal die skerpheid van die tong geneig wees om ‘n pynlike en snydende aanmerking te maak. Om punte te wen, sal ‘n openbaring van gemeenheid voorafgaan. ‘n Langdurige vete mag die gevolg wees van die weiering om nietigheid te vergewe. Dit is redelik veilig om te beweer dat die meeste van die wêreld se kwale hulle oorsprong in die swakheid en wispelturigheid van die menslike natuur het.
Om die versoeking te oorkom om wraak te neem, of om te reageer op ‘n wyse wat kwaad sal doen aan jou verhouding met iemand anders, word eers rustig, en dink voordat jy iets doen of sê. Oorweeg die manier waarop Ek die situasie sou hanteer het. Die Skrif bevat talle bewyse van vyandiggesindheid, bespotting, valse aantygings, vernedering en verwerping wat Ek moes ly. Desnieteenstaande het Ek niks gedoen of gesê sonder liefde nie.
Afgesien van hoe sterk die versoeking is om in woede in ‘n situasie te reageer, kom vir ‘n oomblik tot stilstand en laat My Gees deur jou hart en gees vloei. Sodoende weet jy dat jy nie die oorsaak sal wees dat iemand seerkry nie. Deur die liefde wat jy betoon, sal jy as oorwinnaar in My uit die omstandighede te voorskyn tree.
Deur My Heilige Gees sal Ek jou help om jou tong en jou emosies te beteuel en dat jy verdraagsame liefde alleen maar tot My eer sal openbaar.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205