OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 174
Deur My, Messias se vrede bekoor.
16 Januarie 2008 om 02h30
Almal van julle hunker op die een of ander tyd in julle lewe na vrede en gemoedsrus. Die algemene onsekerheid in wêreldgebeure skep ‘n gevoel van onrustigheid. Siekte, dood, onveiligheid huishoudelike steurnisse veroorsaak bekommernis en onvrede in julle gemoed. Die lys is eindeloos, maar die resultate is altyd dieselfde: Bekommernis en stres. Baie van julle wat hierdie dinge ervaar, soek professionele hulp. Die psigiater se rusbank en kalmeermiddels word vir julle die aanvaarde lewenswyse. Ander, wie se wilskrag ontbreek, wend hulle tot dwelms of alkohol in ‘n poging om die realiteit van die teenswoordige uit te wis. Nog ander ly in stilte, terwyl die lewe vir hulle betekenis en sin verloor. Hulle leef voort in ‘n lugleegte wat beroof is van alles wat die moeite werd is.
Die enigste seker manier waarop jy al die druk en spanning van die lewe kan hanteer, is om ‘n geloof te besit wat ferm geanker is in My. Jou verhouding met My kan nie ‘n vlietende saak of ‘n kwessie van gerief wees nie. Jy moet ‘n permanente ervaring van eenheid met My in jou hele lewenswyse beoefen. Hou aam My vas in alle situasies. Praat met My, hoe desperaat jy ook al mag wees. Weet verseker dat Ek altyd met jou is. Al is dit vir jou moeilik om My vrede te begryp, sal jy dit herken as dit deur jou wese vloei en alle vrees besweer.
Die kern van vrede is Ek, Elohim; die geheim van vrede is vertroue. Kry vertroue in My en wees lief vir My, jou hemelse Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205