OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 175
Vertel die kinders.
16 Januarie 2008 om 22h20
Voorregte bring verantwoordelikhede mee. Dis jou besondere voorreg om My, jou Elohim, te mag ken in al die heerlikheid van My verlossende genade. Maar dis ook jou besondere verantwoordelikheid om jou kennis en ervaring aan die volgende geslag mee te deel en om hulle op te roep om My na te volg.
Die mens is broos en ‘n klein mensie, ‘n kind, is die broosste van alle brooshede. Hierdie stukkie broosheid het Ek, Jahweh, in jou hande kom plaas. Jy moet hom of haar voed, koester, vorm, bou en versterk om te wees wat Ek wil hê hulle moet wees – ‘n beelddraer van My, Elohim. Kyk ‘n keer na jou hande en dink daaroor na dat dit nie net instrumente is om jouself te bedien nie. Dis godgegewe om ‘n brose mensie by die hand te neem en by al die aangrypende openbaringsoomblikke van My stil te staan en die aandag daarop te vestig. Verduidelik EK IS en dat Ek die een is wat julle navolg deur die lewe.
Dit is een van die kosbaarste en mooiste oomblikke in die lewe wanneer jy ‘n kind na My en die oorgawe aan My kan lei. Daar is soveel bewyse van die genade en liefde van My om jou in die natuur, die geskiedenis en die daaglikse lewe, maar veral in jou eie verlossing en heilservaring, dat jy oorgenoeg materiaal beskikbaar het vir jou tere taak. Hoe vroeër jy hierdie taak doen, hoe dieper sal dit insig vind. Maar dan moet jy self die pad loop wat Ek aanwys. Die beste vertelling van My genade geskied, nie deur jou tong nie, maar deur jou voorbeeld. Jou tong moet jou kwaliteit van lewe net verduidelik. So sal jy jou kind met jou meeneem op pad na My. Jou kind sal dan verstaan as jy sê: ”Die God is ons God, ons Elohim en Meester vir altyd. Ek sal julle altyd lei.”
Onthou, hulle is aan jou gegee en in jou hande geplaas.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205