OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 182

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 182
Is heiligmaking jou ideaal?
17 Januarie 2008 om 03h15
Oral in die wêreld word gefokus op voortreflikheid en volmaaktheid. In die kunste, die wetenskap en die sakewêreld, streef almal na maniere om metodes en masjinerie te vervolmaak in die naam van vooruitgang. In baie gevalle het volmaaktheid so ‘n obsessie geword, dat die mens toegelaat het dat morele en geestelike standaarde daaronder ly. Die skoonheid van My skepping word dermate geplunder deur besoedeling en afvalstowwe, terwyl die mens se masjinerie voortrol. Wapens van dodelike aard word vervaardig, omdat een volk die heerskappy oor ‘n ander wil verkry. Persoonlike en etiese waardes neem ‘n tweede plek agter monetêre wins.
Daar is net een volmaakte lewe wat die moeite werd is om te leef, en dit is die lewe wat Ek vir julle vooropstel. Niks anders kan aan jou ware vervulling en bevrediging gee nie, want die lewe in My is ewig en konstant. Alle ander dinge is maar minderwaardige substitute. Wat ookal jou taak, op welke terrein van die lewe dit ook mag wees: Indien jy ware voortreflikheid en volmaaktheid nastreef, moet jy seker maak dat Ek jou gids is in jou onderneming. Wy alles wat jy doen aan My; bly binne My wil in alles wat jy aanpak; handhaaf die standaarde wat Ek daargestel het. As dit jou ideaal bly, sal jy ‘n graad van voortreflikheid en volmaaktheid bereik wat niks en niemand anders jou kan bied nie. Julle moet heilig wees!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205