OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 184
Trotse erfenis
17 Januarie 2008 om 23h15
Is jy trots daarop om ‘n gelowige te wees? Is jy te alle tye gereed en gewillig om op te staan en getel te word deur die heerskappy van My oor jou lewe te bely? Of is daar tye wanneer jy stilbly of skaam is om jou geloof te erken uit vrees dat jy “uit” sal wees onder ‘n besondere groep persone. Daar is baie geleenthede wanneer die gelowige hom met My moet identifiseer: As die morele gedrag van iemand in jou geselskap bevraagteken moet word; wanneer taal of grappe tot die rioolvlak daal; wanneer godslasterlike kommentaar gelewer word. Dit is maar enkele voorbeelde van tye wat vereis dat ‘n gelowige hom sal losmaak van die algemene gesindheid, al beteken dit dat hy onpopulêr of bespot sal word.
Toe Ek op die punt was om gevange geneem te word en daar mense was wat My gesoek het, het Ek geen poging aangewend om hulle te bedrieg nie. My antwoord op hulle vraag spreek van opregte eerlikheid en oorgawe en gehoorsaamheid aan My wil. Ek sê sonder twyfel: “Dit is Ek!” My antwoord bewys die kwaliteit van My moed, want Ek het maar te goed geweet van die vernedering, verwerping en lyding wat sou volg. Volg My voorbeeld en put by My krag. Wees daarvan seker dat wanneer die tyd kom, jy ook met nederige trots sal kan bely dat jy ‘n gelowige is.
‘n Gelowige is iemand wat My leiding in hierdie wêreld deel.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205