OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 187
Die beloning van geduld.
19 Januarie 2008 om 01h45
Julle voel dikwels dat julle gebede kragteloos is; dat julle noodgeroep na My, Jahweh, op dowe ore val en dat Ek geen ag daarop slaan nie. Julle bid ernstig en opreg, maar dit lyk of daar geen antwoord kom nie. Dan begin julle twyfel oor julle geloof, of erger nog, oor die doel en waardes van gebed. Gevolglik beland baie van julle in ‘n geestelike wildernis. Julle moet besef dat Ek, julle Elohim, alwetend is en gevolglik oorskou Ek die lewe vanuit ‘n ewigheidsperspektief. Jy kan met geen mate van sekerheid verby die teenswoordige sien nie. Ek weet van alles wat vir jou voorlê, vandag en tot in die verre toekoms. Gevolglik sal Ek My antwoorde op jou gebede in ag neem wat vandag, môre en oormôre vir jou die beste is.
As gevolg hiervan moet Ek soms ‘n remmende hand op jou impulsiewe gees lê. Ek doen dit dikwels deur die antwoorde op jou gebede te weerhou, totdat die tyd daarvoor reg is. Moet nooit met My ongeduldig word of probeer om My antwoorde vooruit te loop nie. Soek My aangesig in gebed en bepeinsing en wees stil voor My. In My eie volmaakte tyd sal Ek My aan jou openbaar: Ek sal antwoord op jou smagtende noodroep tot My.
Die graad van julle geloof, is die graad van julle gebed. Die krag van julle hoop, is die krag van julle gebed. Die warmte van julle liefde, is die warmte van julle gebed.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205