OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 189
Totale afhanklikheid.
19 Januarie 2008 om 03h20
Jy kan so maklik jou swaarkry ervaar as benadeling deur jou medemens. Hy is onredelik en onbillik. Hy staan in die weg van jou sukses. En hier binne-in jou ontwikkel dan ‘n gevoel teen hom. Sommige kom sover as om te haat.
Dis verkeerd!
Wel is dit waar dat jou medemens iets te make het met jou swaarkry, maar Ek is die outeur van die lewe. Jou vyand kan niks aan jou doen as Ek jou beskerm nie. My hande, wat Ek beskermend om My kinders hou, is ondeurdringbaar. So kan Ek jou bewaar teen die dade van jou teenstanders. Maar as Ek nie My hande om jou hou nie, kan geen mens jou help nie. Dis waarom jy jou lewensteenspoed in die eerste plek uit My hand ontvang.
Wanneer jy jou in soortgelyke omstandighede bevind, doen dan wat jy moet doen. Wend jou tot My met jou hand in jou boesem en nie met ‘n beskuldigende vinger na jou medemens nie. Dalk is jy nie so onskuldig soos jy wil uitmaak nie. Ek weet alles. Wat jou betref, buig jy maar onder My hand wat swaar op jou druk, bely jou tekortkominge, bid om ‘n hartsvernuwing en vra My om uitkoms. Dis wat Ek wil bereik met al die swaarkry in jou lewe. Ook dan, wanneer alles so donker is om jou, moet jy weet Ek is met jou.
Jy is in My hande. Ek is besig om met jou te handel. Ek kon jou gelos het, maar Ek doen dit nie, omdat Ek jou liefhet. Dis waarom jy tot My kan bid, al het jy die gevoel gehad dat Ek teen jou is. Jy weet dat Ek so naby aan jou is, dat jy net kan praat en Ek sal jou hoor.
Bid en vra My vir uitkoms!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205