OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Twee mense – twee houdings – twee gebede
27/11/07          23h00
Hoogmoed is ʼn vyand van genade. Die hoogmoedige sien genade as ʼn vernedering en omdat hy nie genade wil vra nie, gaan hy in sy hoogmoed verlore. Kyk, Petrus vermaan hierteen in sy brief! “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
Die Fariseër en die tollenaar het een ding in gemeen; hulle is albei mense, nieteenstaande wat hulle van mekaar dink of wat die wêreld van hulle dink; nieteenstaande hulle stand of status in die wêreld; nieteenstaande hoe min of hoe veel hulle besit – hulle was albei skepsels van My en daarom is daar geen plek vir hoogmoed onder julle nie. Julle is ook Koningskinders. Geen mens wat sy medemens verag, kan voor My kom staan nie. Julle moet besef en bely dat julle deel is van ʼn leërskare van sondige, lydende, treurende mense – almal knielend voor My genadetroon.
Kyk, die Fariseër en die tollenaar neem verskillende houdings voor My in. Die Fariseër is aanmatigend, asof hy ʼn plek voor My verdien. Van ootmoed, berou en eerbied is daar by hom nie sprake nie. Die tollenaar staan eenkant. Anders as die Fariseër is hy nie in My huis met homself besig nie. Want hulle wat hulleself soek, sal My nie vind nie.
Ja kyk, hulle bid dan ook twee verskillende gebede. Die Fariseër begin heel goed: Hy dank My ....maar nie vir genade, vir vergifnis, vir liefde, vir bewaring nie. Hy dank My dat hy nie is soos ander mense nie. Kyk hy weet van ander se sondes, maar alleen van sy eie deugde. Die Fariseër bid nie tot My nie, maar tot homself. Hy stel sy eie hoogmoed, en gee aan homself ʼn getuigskrif voor My. Asof Ek nie al hierdie dinge weet nie, ....en ook nie die onsuiwer motiewe waaruit hulle gebore is, ken nie.
Die tollenaar is beskeie. Hy eis nie vir homself ʼn plek op voor My nie; hy is so skaam en berouvol dat hy My nie eens in die oë wil kyk nie. Hy bely met hartseer sy sonde en smeek om genade. Hulle gaan so anders huis toe as wat hulle gekom het. De Fariseër verlaat My sonder genade en die tollenaar dra met hom My genade en seën.
Kyk, Ek dink aan julle – maar dink julle aan My? Dink aan My met ʼn daad van skuldbelydenis, van toewyding en oorgawe, van dankbaarheid en liefde.
Jou liefdevolle Vader.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205