OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 195
Die profetiese woord.
23 Januarie 2008 om 02h10
Hierdie Godswoord is baie vas. Dit sê dat julle daaraan moet vashou, totdat iets vir en met julle gebeur. Dit moet vir julle lig gee. Die lewe self is ongelukkig alles behalwe ‘n mooi droom. O ja, daar kom wel soms mooi oomblikke. Daarom moet die profesie hoop bied. Maar wat die Skrif vir die toekoms bied, is mooi. Die profesieë bied ‘n lamp in die duisternis.
Die profesie sê julle moet vashou, totdat die môrester in julle harte opgaan. Die Skrif noem My, Jahshua, self die blink môrester. Ek bring ‘n nuwe dagbreek. Ja, dis die begin van ‘n nuwe era, wanneer die fantastiese toekomsbeeld van die Skrif begin om te ontvou. Dit sal die groot openingsdag van die toekoms wees. Daarna sal die groot opvoering van die ewigheid volgens Goddelike bestel volg. Heerlike gedagte! Die uitgelese mense van die ewigheid sal dan saam vergader. Ja, hulle is die gelowiges van alle eeue. Hulle is diegene wat deur My salig verklaar is. Hulle het in hierdie lewe van My rus ontvang, en sal dan in My ewige rus ingaan. Julle hoef nie daaraan te twyfel nie; die skares van die hemel sal saam vergader; die engele sal juig. Niemand wat daar moet wees, sal afwesig wees nie; niemand wat nie daar hoort nie, sal toegang verkry nie. Niemand sal aan diens wees nie; al diens wat dan gelewer sal word, is om aan My voete neer te val. Ek self is verbind aan die sukses van die profetiese ontvouing. Ek waarborg die dag. Die profetiese woord staan vas – soos Ek, Elohim self.
Toe die dissipels op My hemelvaartdag bekommerd na die wolke kyk, toe sê die manne: “Moenie bekommerd wees nie; die groot dag kom nog.” Ek sal kom soos Ek weggegaan het. Ja, moenie bekommerd wees nie!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205