OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 197
Geestelike vreugde.
23 Januarie 2008 om 23h55
Dit moet sekerlik waar wees dat die rus wat Ek, julle Elohim, gee en waarvan julle meer leer, namate julle leer om met My saam te beweeg, tot vreugde; ja, tot geestelike vreugde in julle lewe aanleiding moet gee. Ek wat rus gee, moet ook tevredenheid kan gee. Om nou oor geestelike vreugde te praat, moet julle ‘n bietjie na die geskiedenis teruggryp, want Ek het nog altyd rus gegee, en met die rus val ook geestelike vreugde en tevredenheid saam. Dis baie noodsaaklik dat julle met blydskap die lewe moet kan ingaan. Kyk, as die volk Israel My volk wil wees, moet hulle na my stem luister. Ja, hulle moet My seëninge kan geniet.
Geestelike vreugde is nie net ‘n vreugde omdat dit met julle in die lewe goed gaan nie. Dis nie vreugde in die vorm van die beloning wat tydelike genot bring nie. Dis meer as dit. Dis veel eerder die verwesenliking van onafgebroke gemeenskap met My. Streng gesproke is die volk Israel by onderskeiding anders as die ander nasies, bloot vanweë hulle godsdiens.
My boodskap aan julle is dat as julle daarin sou slaag om My insettinge te onderhou, julle vir julleself geestelike vreugde, rus, veiligheid en voorspoed verseker. Ja, dit sou dan gepas wees om sekere aspekte van hierdie rus en vreugde na te gaan.
Kom, en beweeg saam met My!
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205