OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 200
Die krag van My Woord.
25 Januarie 2008 om 02h00
Die gelowige moet insien dat hy alles enkel en alleen deur die geloof kan ontvang en volbring. Hy moet slegs glo; Ek Elohim sal sorg dat vervul word wat beloof is. Die gelowige moet elke môre opnuut in My glo en glo dat die nuwe lewe aan hom gegee is en in hom werk. Ek, Messias sorg dat die lewe in hom werk. Omdat julle hierdie krag nie voel nie, dink jy maklik dat jy nie kan glo soos jy behoort te doen nie. Hierdie dwaling kan jou lewe lank vir jou tot skade wees.
Verstaan dit: Die Woord is lewendig en kragtig; deur die Woord is jy wedergebore; die Woord werk in jou geloof; die geloof is deur die Woord. Neem die Woord eenvoudig aan met die vertroue dat dit in jou sal werk. Hou jou met die Woord besig en gee tyd daaraan. ‘n Goddelike lewe lê in die Woord opgesluit. As jy dit in jou binneste dra, sal dit lewe en jou tot stand bring; dit sal ‘n sterk geloof in jou werk wat tot alles in staat is. Jy het My Gees in jou. As jy die Woord aanneem as My Woord wat werk in wat julle glo; as jy op die Woord vertrou om in jou te werk, en op My, die lewende Elohim, wat dit laat werk, dan sal daardie gebod in jou die lus en krag tot gehoorsaamheid wek. Ja, as jy die bevel oorweeg en jou daaraan onderwerp, dan wek dit by jou die begeerte en die wil om te gehoorsaam, dan gee dit jou die moed om te glo dat jy kan doen wat Ek, jou Vader sê. Die Woord werk beide geloof en gehoorsaamheid. Die gehoorsaamheid van die gelowige is geloofsgehoorsaamheid. Jy moet glo dat jy deur die Gees die vermoë besit om te doen wat Ek wil, want deur die Woord werk My, Elohim, se krag in jou. Die Woord as die bevel van My, jou lewende Elohim wat jou liefhet, is jou krag.
Daarom moet die gelowige leer om die Woord gelowig aan te neem. Al verstaan jy dit aanvanklik nie, moet jy aanhou om dit te oordink. Neem dit en hou dit vas; dit sal jou werk met goddelike krag volvoer; die Woord wek op en sterk tot geloof en gehoorsaamheid.
Julle moet nooit die Woord en My, jou lewende Elohim van mekaar skei nie. Onthou die Gees en die Woord gaan altyd saam.
Kom, en beoefen die geloof wat jy het. Neem ‘n belofte van My, Elohim; sê aan jouself dat dit waar is; kom na My en sê vir My dat jy op My reken om dit te volbring; peins oor die belofte en hou daaraan vas in jou omgang met My; reken op My om vir jou te doen wat Ek sê. Ek sal dit beslis doen.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205