OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Egtheid van geloof getoets
28/11/2007 om 09h00
Die meeste van julle hou nie daarvan om getoets te word nie.
Jy sal graag iets wil leer, solank dit net nie vir ‘n eksamen is nie. Jy sal graag aan sport wil deelneem, solank jy net nie altyd met die horlosie, of ander moet kompeteer nie.
Wat julle egter ook moet erken, is dat toetsing -indien dit wetenskaplik en billik is - jou ware kwaliteite ten opsigte van dit waarvoor jy getoets word, aan die lig bring. Daarom maak dit vir baie op die ou end ook nie sóveel saak nie en is sommige selfs bly om die geleentheid te kry om hulle staal te toon.
Kyk Jakobus 1 verwys ook na toetse, lewenstoetse - beproewing as toetse vir die egtheid van jou geloof. Ja en die argument is eenvoudig: Wees bly as beproewings julle pad kruis, want ‘n egte geloof sal dit deurstaan en daardeur nog ‘n trappie hoër op die leer van volharding styg. En hoe hoër julle op hierdie leer styg, hoe meer geestelike rypheid ontwikkel julle! Verder: Gelukkig is die mens wat staan teen versoekings, want jy sal die oorwinningsprys – ‘n permanente status van waardigheid en lewe voor My – van My ontvang!
Toetsing van jou geloof as ‘n gerigtheid en vertroue van die hele mens op My, het die voordeel dat dit jou swak plekke in hierdie saak uitwys – net soos kompetisie op ander vakke. Dit ontbloot selfvoldaanheid en geestelike hoogmoed; vorm jou om begrip en hulp aan ander in dieselfde soort krisisse te kan verleen; skud jou tot in die fondamente van ‘n gerieflike en selfgesentreerde manier van leef; wys waarvoor jy opgewasse is; en waarvoor nie; hoe sterk jou ankers in My werklik is en of jy nie maar net vanweë jou omgewing of omstandighede by My betrokke was nie; dit roep om hernude toewyding.
Ja, Jakobus sê nie van wie hierdie beproewings kom nie. Kyk, waarop hy wel wys is dat daar maniere is om deur sulke dinge te kom: Jy moet weet dat Ek, jou Vader, ‘n doel daarmee het en as jy nie verstaan nie; moet jy My om wysheid bid, sonder om te twyfel bid. Ek sal die antwoord op sy tyd gee.
Versoekings, ja dit kom ook, nie van My af nie – want Ek is alleen goed. Verleiding, as die toegee aan hierdie versoekings, kom eweneens nie van My af nie. Dit ontstaan binne-in die een wat verlei word, vanuit jou eie begeertes. Die skuld lê vierkantig op die skouers van die versoekte! En voorwaar, van ‘n versoeking kan daar net sprake wees, as daar ‘n begeerte na so iets is!
Daarom, die egte gelowige sal volhard, standvastig bly en bid – en hom verheug oor elke dag. Kyk, Ek sal jou geloof staal in beproewing en versoeking. Wees bly wanneer allerlei beproewings oor julle kom. Gelukkig is jy wat in versoeking standvastig bly.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205