OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Julle kan seker weet!
28/11/2007 om 12h10
Hoekom moet julle soms so worstel om in My te glo? Hoekom gee Ek nie vir julle bewyse waaraan julle kan vashou nie? Dit is die vraag wat soms uit die harte van twyfelende gelowiges opspring.
Kyk, Ek gee vir julle die teenvraag naamlik: Hoekom aanvaar julle nie die bewyse wat Ek gee, die bewyse wat daar is nie? Hoekom vra julle vir ander bewyse? Sal enigiets julle ooit permanent tot rus bring, as julle harte gedurig oopstaan vir twyfel?
In Joannes 5:13 gee die skrywer van die eerste Johannesbrief die oogmerk van sy skrywe aan sy lesers weer. Kyk hy skrywe, so sê hy, sodat julle kan weet dat julle wat in God glo, die ewige lewe het.
Watter redes(bewyse) voer hy hiervoor aan?
Voorwaar, aan die begin vertel hy dat die boodskap aangaande My op die getuienis van eerstehandse getuies berus, en daarom in ‘n hof aanvaarbaar sou wees. Kyk nou, gaan hy egter nog verder. Volgens hom is dit nie net menslike ooggetuies wat aangaande My die Messias Getuig nie, maar ook God self – deur Sy Gees en die water en bloed. Sy Gees as Die Gees van die Waarheid getuig in ons dat die boodskap waar is en dit word deur God bevestig by die doop(water) en die nagmaal(bloed).
Daarom, as jy in die Messias glo, besit jy die getuienis in jou hart en het jy deel aan die nuwe en ewige lewe in Messias.
Kyk, die skrywer wys ook op iets eienaardig in hierdie verband. Julle is so geneig om die getuienis van andere oor ‘n saak te glo, waarom trek julle dan My woorde in twyfel? “Wie My nie glo nie, maak MY tot leuenaar, omdat jy nie die getuienis glo wat Ek oor Messias gelewer het nie.”
Die punt is dus: Ek, julle Vader, gee bewyse – My woorde. Woorde wat deur julle uitgedra word. En die vereiste vir sekerheid is eenvoudig: Glo wat Ek vir jou sê!
Moenie altyd nog weer na ander bewyse soek waarvoor jy nie eers name het nie! Moenie dat Ek so met jou moet worstel nie! Maak jou oop vir My kosbare Woord!
Laat My Liefde in jou groei om jou doel volkome te bereik.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205