OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Die Heilige Gees open jou oë, rus jou toe met gawes.
29/11/2007 om 12h55
Ja, dis waar, dat die Heilige Gees Hom bemoei met die sondaarmens, omdat die sondaarmens onbekwaam tot enige goed en geneig tot alle kwaad is. Kyk, as jy ‘n sondaarmens is, is jy nie in staat om jou eie toestand raak te sien nie. Julle moet wakker geskud word uit die sondeslaap en slaapsug. Alleen die Heilige Gees kan jou wakker skud deur Sy kragdadige inwerking en jou oë open, asook jou hart ontsluit, sodat jy ‘n geestelike oog kry om te sien en ‘n oor kry om te hoor.
Kortom: Die Heilige gees werk so onweerstaanbaar in, dat Hy jou aktief betrokke kry by Homself. Julle kan nie meer slaap nie, julle word ‘n energiebron en hoor, luister, reageer en word gehoorsaam – gehoorsaam aan die Woord en die Gees en geaktiveer vir diens in die koninkryk van My, julle Vader. Meteens word die dowe horend, die blinde sien en die verlamde kom in beweging.
Ja, die Heilige Gees bewerkstellig ook die berou in julle harte oor julle sonde. Kyk, soos die Verlore Seun sal jy sê: “Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor U.” Ek het saam met die varke gelewe. Só sien julle, as die Heilige Gees in hom werk, sy ware selfbeeld – ‘n veragtelike beeld, deur die sonde vermink, verbrysel en totaal vervreemd in opstand teen My, julle Vader.
So word julle uitgedryf tot berou en skuldbelydenis. Waar die sondes eers vir jou aanvaarbaar was en jy jou daarin verlustig het, word dit nou vir jou afskuwelik en wek dit ‘n teësin in die sonde. Jou egte beeld – jou ware sondaarsbeeld wek afsku en toon ‘n verskeurde beeld.
Ja, die Heilige Gees rus jou ook toe met gawes. Kyk, in Galasiërs is geskrywe oor die gawes wat jy ontvang naamlik: “Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” Hierdie kosbare gawes laat jou besef dat jy die mooiste, die edelste en die skoonste gawes besit, maar dit bring jou ook onder die diepe besef dat die gawes genadegawes is (genadegawes wat jy nie verdien het nie.)
Die grootste van al die gawes is die liefde: Liefde vir jou Vader en liefde vir jou naaste. Al die ander gawes spruit uit die liefde voort. Die Heilige Gees is dus jou innerlike kragbron en jou leidsman.
Maar kyk, Die Heilige gees rus jou nie net toe nie. Hy wil jou motiveer en aktiveer om jou plek in die Vader se orkes in te neem. Ja, die gelowige moet in aksie en beweging kom in woord en daad, in gebed en Bybelstudie en in die beoefening van die koinonia. Ja, die koinonia mag nooit verwaarloos word nie. Geen gelowige kan totaal onbetrokke in die wingerd staan nie.
Die wonderlikste is dat die Gees vir ewig in jou wil bly. Ja, jy kan die Heilige Gees weer bedroef, maar nooit weer kan dit aan die gelowige onttrek word nie. By die Heilige doop verseker Ek jou dat Ek MY Gees aan jou gegee het om altyd by jou te bly.
Ja, daarby het ek jou die Heilige Gees gegee om jou in die waarheid te lei, jou te vertroos en jou die gawes te skenk wat jy nodig het om tot eer van My te leef. Wanneer jy die versoening deur Christus aanvaar, ontvang jy die Heilige Gees.
Kyk, Ek jou liefdevolle Vader, sê: “Nou mag jy nie meer minderwaardig en verworpe voel nie, want nou weet jy dat jy kosbaar is in die oë van My, jou Vader. Jou selfbeeld sal aan ander toon dat jy aan my behoort en dat jy ‘n positiewe opdrag het wat ‘n vreugde is om uit te voer. Jou lewe is nou ‘n fees, want ek het jou vrygemaak.
Ja, nou ken jy ware vreugde en vrede, omdat jy leefruimte van My ontvang het en jy leefruimte aan jou naaste kan bied. Jy kan nou groei om meer en beter vrugte te dra. Kyk, jou verlede is jou vergewe, die hede is jou vreugde en die toekoms is jou hoop. Heerlik is dit om jou te verlustig in My en te weet: Ek sal jou gee, die begeertes van jou hart.
Ek sterk jou Gees met nuwe krag.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205