OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Jaloesie
29/11/07          22h00
Dit gebeur nogal dikwels in die lewe dat mense jaloers op mekaar raak! Ja, hulle probeer dan ander op ‘n valse en onaangename manier afkraak deur sommer oral ongevraagde en afbrekende kritiek te lewer. Die ergste is dat hierdie mense dink dat hulle hulself sal bevoordeel, maar Matthéüs 10:26 stel julle hieroor gerus: “Moet dus nie vir mense bang wees nie. Daar is niks bedek wat nie openbaar gemaak sal word nie, en niks geheim wat nie bekend sal word nie.” Galasiërs 6:4: “maan julle ook om nie julle lewens met die van ander te vergelyk nie.”
Kyk, ‘n Christen met wie iets onaangenaams gebeur, behoort homself altyd daaraan te herinner en te troos dat niemand enigiets van julle kan wegneem nie, veral nie wat Ek, julle Vader, aan julle vertrou het nie. Dit wat wettiglik vir julle bestem is, sal julle altyd toekom. Voorwaar, Ek julle Vader, is ‘n regverdige Regter wat altyd geregtigheid en die waarheid sal laat seëvier. Kyk, Jeremia 20 : 11 sê: “Maar U is by my, Vader en U is magtig en sterk; dit is die wat my vervolg, wat sal val, hulle sal teleurgesteld staan, want hulle sal nie in hulle doel slaag nie.....” Julle kan geflous word, maar Ek nooit. Ek is van alles bewus, ook van die valse getuienis wat daar teen julle uitgespreek word.
As Ek aan jou kant is, sal jy aan die wenkant wees. Ek sê vir julle, Josef het My aan sy kant gehad, toe sy broers so jaloers op hom was. Ja, hy moes egter die vernederings en ontberings deurmaak om hom toe te rus vir die koningskap wat op hom gewag het. In elke onaangename situasie is ‘n les opgeteken. Vra My om jou insig te gee in moeilike situasies, en rus in die versekering dat Ek jou sal bystaan
Julle moet dus nie te fyngevoelig wees vir die onreg wat julle aangedoen word nie, Julle moet ook heeltemal vergeet van die eie ek, want niemand van julle het iets uit julleself nie. Kyk, Messias is ook deur sondige mense verag, verneder en bespot. Hy moes onskuldig aan die kruis sterf. Hy het geweet dat die priesterhoofde Hom uit afguns en jaloesie uitgelewer het. Lukas 23:34 beskryf vir julle hoe Messias sy ongenaakbare vyande vergewe het deur te sê: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”. Nou sal jy seker jouself afvra: Wie is julle dan om mekaar nie te wil vergewe nie? Laat julle elke kwesplek sien as nog ‘n nuwe kosbare lewensles.
Ja, gun mekaar, sonder ‘n tikkie jaloesie, alles wat mooi en goed is in die lewe. Julle tyd op aarde is gans te kort om enigsins onnodige onaangenaamhede in julle lewens toe te laat!
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205