OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Jy is nie vergete nie
02/12/07 om 08h00
Kyk, jy is hulpeloos en arm, maar Ek, jou Vader, dink aan jou.
Ja, hierdie vertroostende woorde kom uit die mond van die man wat in Psalm 142:5 sê: “Niemand gee vir my om nie.” Die man wat so sy verlatenheid beklaag, is Dawid. Dit bring tot die besef dat die wêreld maklik vergeet. Gister geprys, vandag vergruis. Vereensaming is `n wesenlike siekte van julle tyd, maar ook van alle tye. Kyk, die Woord vertel julle dat die Seun van My, julle Vader, die Groot Eensame kom word het; dat Hy eenmaal moes uitroep na My: “My Vader, My Vader, waarom het U My verlaat?”
Daar is oneindig baie eensaamheid in die wêreld. Daar is die eensaamheid van afsondering Die konstabel op die buitepos; die soldaat in die bos; die sendeling op die afgeleë sendingstasie, die student en leerling op kosskool.
Daar is ook die eensaamheid van lyding. Dit sien julle in hospitale, inrigtings, en gestigte waar mense vergete raak en wonder of daar mense is wat nog in hulle belangstel; die invalide in sy rystoel, die sieke vergete in sy kamertjie.
Daar is eensaamheid van verdriet wat verteer; die weeskind sonder ouers; die sorgbehoewende kind in die kinderhuis; die persoon wat ‘n lewensmaat verloor het en die alleen wees net nie kan verwerk nie.
Daar is ook sosiale eensaamheid; die armoede wat jou na die agterbuurt drywe; die klein kamertjie waar jy nooit besoek ontvang nie; die jongmens in die groot stad wat in die malende massas troosteloos alleen voel; die ontrou van ‘n huweliksmaat.
Ja, sit daarby die eensaamheid van die sonde. Mense wat soos Adam en Eva, die paradys van hulle onskuld verloor het; soos Kain in wie se lewe alle verhoudings verkeerd geloop het en wat die hand van almal teen hom opgehef sien; soos Simson wat sy lewe aan bandeloosheid oorgegee het en die wrange vrugte daarvan gepluk het; soos die verlore seun wat na die ver land van sonde weggetrek het en verlang het na liefde van die ouerhuis; soos Judas, wat as gevolg van sy verraad, die eensame nag ingestap het om ‘n einde aan sy mislukte lewe te maak.
Kom dan, al die bedroefdes en eensames van die wêreld. Hoor hierdie juigkreet vir tyd en vir ewigheid: Ek, julle Vader, dink aan julle!” Jy is nie totaal vergete nie. Ja, dit is ‘n wonderlike bemoediging om te weet dat Ek nog aan julle dink, nê!
Ek het nie slegs die wêreld lief nie, maar vir julle ook in nood en eensaamheid.
Ek dink aan julle – maar dink julle ook aan My? Dink julle aan My met ‘n daad van skuldbelydenis, van toewyding en oorgawe, van dankbaarheid en liefde? Ja, dan sal die lewe weer vir jou glimlag en jy sal weet waarheen met jou eensaamheid. Kyk, My vertroostende teenwoordigheid sal jou begelei, selfs deur die donker dieptes. En jy sal die hoogste geluk in die lewe vind. Kom na My, en wees lief vir My. Julle liefdevolle Vader.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205