OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

My geneesheer
04/12/07 om 20h00
Julle het baie tekens van die teenwoordigheid van My, julle Vader. Een daarvan is My oordele en straf. Kyk, Jesus het dit aan die kruis verduidelik toe Hy onder die straf van My moes sterf vir julle sondes en uitgeroep het: “My Vader, My Vader, waarom het U My verlaat?” Toe was Ek so naby aan Hom dat Hy met My kon praat, en tog so ver van Hom dat Hy moes sterf.
Die teenwoordigheid van My, julle Vader, word nie altyd op dieselfde wyse beleef nie. Onder omstandighede ondervind jy dit as ‘n opstandingskrag. Onder ander omstandighede weer as ‘n terneergedrukte straf. Dit hang af van die omstandighede en die doel wat Ek wil bereik.
Ja, Dawid het sy siekte as straf ondervind. En hy skryf dit toe aan sonde en ongeregtigheid wat hy gedoen het. So word sy siekte vir hom ‘n bewys van My teenwoordigheid en bemoeienis met hom. Dit bring hom tot berou, gebed en berusting.
Hy bid egter nie net om die genesing van sy liggaam nie, maar ook om die heil van sy siel. Dit gaan nie vir hom om gesondheid ter wille van gesondheid nie; hy wil gesond wees sodat hy My kan dien. Genesing bring geleenthede om met My te wandel en die goeie na te jaag.
Het jy al jou siekte ervaar as iets wat jy ontvang uit My hand en as ‘n teken van My nabyheid en bemoeienis met jou? Siekte, mag van virusse, ongelukke en so meer kom, maar as gelowige moet jy die hand van My in dit alles raaksien en jou tot My wend.
Wanneer jy jou teëspoed so beleef, beleef jy dit gelowig. En dit is al manier waarop jy dit mag beleef. Ja, dis die rede waarom Job so vasgehou het aan My gedurende die donker nag van sy lewe. Hy het nie in opstand teen My gekom of selfs teen sy medemens nie. Hy het met My geworstel en bly glo dat Ek die uitkoms sal gee.
Jy moet ook met My wandel as My kind. Praat met My. Glo in My. Smeek jou uitkoms van My af. Ek, en net Ek, hou die sleutel van jou toekoms. Wanneer jy dit doen, sal die Heilige Gees jou aantoon wat jy moet regmaak in jou lewe. En maak dit dan reg.
Siekte dien nie net die goeie doel om jou na My, jou Vader te laat vra nie, maar dit laat jou ook weer jou nietigheid en verganklikheid besef. Die lewe is eintlik maar kortstondig. Dit kom nie so maklik vir jou om te besef dat jy werklik nietig is nie. Julle is so geneig om julle vermoë te oorskat en jy word versoek om te glo dat jy besig is om iets te verrig wat blywend is.
En dan kom siekte – nie hoofpyn of ‘n gebreekte been of mangelontsteking nie, maar die aandoening wat vir julle die laaste siekte was, en meteens besef jy dat die lewe eintlik maar ‘n asemtog is, ‘n paar handbreedtes, ‘n paar dae, ‘n oomblik.
Siekte laat jou besef dat jy nie bestem is om sake af te handel en jou planne te voltooi nie. Net Ek, jou Vader, het ‘n plan wat voltooi kan word en jy moet jou skik na My plan. Jy is hier terwille van My.]
Wat meer het jy nodig as net om dag na dag gelukkig en tevrede te wees? Die lewe gaan dikwels soos ‘n droom verby. As jy weer sien, is jy by die einde. Kyk dan en sien My raak en verlustig jou in My. Dan sal jy rede tot blydskap hê. Jy moet die allesoorheersende behoefte hê om My te behaag. Dan sal jou lewe nooit koersloos wees nie en sal jy vrede beleef. Bid na My vir die genade om gedurende jou kortstondige lewe so te leef.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205