OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Leef met ‘n doel
05/12/07 om 11h45
‘n Doelbewuste lewe is die enigste manier om werklik te lewe. Al die res is blote bestaan.
In die bokamer, net toe Jesus die laaste dag van sy bediening met sy dissipels deurgebring het, het Hy hul voete gewas om ‘n voorbeeld te stel, en toe het Hy gesê: “Julle weet nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen”. As jy weet wat Ek, jou Vader, wil hê jy moet doen, lê die seëning daarin dat jy dit werklik doen. Jy weet nou wat My lewensdoele vir jou is, en jy sal geseën word as jy dit werklik doen!
Dit beteken waarskynlik dat jy sal moet ophou om sekere ander dinge te doen. Ongelukkig word julle aandag maklik afgetrek, en dan vergeet julle die belangrike dinge.
‘n Doelstelling is nie ‘n lys doelwitte nie. Doelwitte is tydelik; ‘n Doelstelling is vir ewig. Kyk, die Skrif sê: “Maar die planne van julle Vader staan vir altyd vas, My besluite van geslag tot geslag’”
Verder sê die Skrif ook: “Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.” ‘n Doelstelling vir jou lewe maak nie net duidelik wat jy met jou tyd, lewe en geld gaan doen nie, maar impliseer ook wat jy nie gaan doen nie. ‘n Verstandige man hou hom besig met wysheid, maar ‘n dwaas se gedagtes dwaal doelloos rond”.
Toe jy jou lewe aan Christus toevertrou het, het Hy die kern geword, maar deur aanbidding moet jy sorg dat Hy daar bly. Paulus sê “(Ek bid) ... dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
“Jy vra, hoe weet jy wanneer Ek die kern van jou lewe is? Wanneer Ek die kern is, aanbid jy. Indien nie, dan tob jy. Kwellings is die waarskuwingsligte dat Ek na die kantlyn toe gedruk is. Sodra jy My weer die middelpunt maak, gaan jy weer vrede ervaar. En die vrede van My, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus.
Ek, julle Vader, stel veel meer belang in wat jy is, as wat jy doen. Onthou dat jy jou karakter tot in die ewigheid saamneem, maar nie jou loopbaan nie. Maak ‘n lys van die karaktereienskappe waaraan jy in jou lewe wil werk en wat jy wil ontwikkel. Jy kan dalk met die Vrug van die Gees of die Saligsprekinge begin.
En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.
Jy wonder miskien: “Wat van My wil vir jou werk, of huwelik, of waar jy woon?” Dit is eerlik gesê sekondêre kwessies in jou lewe, en daar is miskien allerlei dinge wat almal My wil vir jou kan wees. Dis die belangrikste dat jy My ewige doelstellings vervul, maak nie saak waar jy lewe, of werk, of met wie jy trou nie, Daardie besluite moet jou doelstellings ondersteun. Die Bybel sê: Al maak julle hoeveel planne, wat die Vader besluit staan vas.” Lê die klem op My doelwitte in jou lewe, en nie jou planne nie, want dis wat vir ewig sal hou. Aan die einde van jou lewe gaan dit glad nie saak maak wat ander mense van jou sê nie. Al wat gaan saak maak is wat Ek, julle Vader, oor jou sê.
Eendag gaan Ek jou antwoorde op al die lewensvrae hersien. Het jy Jesus die kern van jou lewe gemaak? Het jy My karakter aangeneem en ook die van Jesus? Het jy jou lewe aan diens teenoor ander gewy? Het jy my boodskap oorgedra en My sending voltooi? Dis al die kwessies wat gaan tel. Bly binne die perke van die werkkring wat Ek aan julle toegemeet het.
Kyk, Ek soek steeds na mense wat Ek kan gebruik. Die Bybel sê: “Die Vader het sy oë oral op die aarde sodat Ek die kan help wat met hul hele hart op My vertrou.´ Gaan jy iemand wees wat Ek vir My doeleindes kan gebruik? Gaan jy My doel in jou tyd dien? Ja, eendag gaan die geskiedenis eindig, maar die ewigheid sal altyd bly bestaan. Die toekoms is so blink soos My beloftes.
Wanneer dit moeilik lyk om jou doel te vervul, moet jy nie ontmoedig raak nie. Onthou jou beloning, wat vir ewig gaan hou. Julle swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir julle uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
Jy kan vandag doelbewus begin lewe. Dit sê Ek omdat Ek lief is vir julle.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205