OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Valse fondamente
06 Desember 2007 om 11h50
Wanneer julle My stem hoor wat tot julle roep en vir julle sê dat julle moet kom, dan bespeur julle in die lewe van julle die uitwerking van die duiwel. Dit is dan dat hy die grootste oorwinning in die lewe van duisende behaal, omdat Satan een ding weet, naamlik dat as hy jou kan weerhou om na Jesus te kom, hy jou wil oortuig dat jy nie nodig het om te kom nie, en dan gebruik hy hierdie taal: “Jy is mos reeds Syne. Jy is reeds ‘n kind van die Vader.” En juis daarom het Paulus geskrywe: “Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef.”
Ondersoek julself of julle in die geloof is. Die Gees van My, julle Vader, wil seker maak dat die mag van die duiwel julle nie sal oorval nie, en dat die valse profete nie oor julle sal uitroep: “Vrede, vrede, terwyl daar tog geen vrede is nie.” Die grootste vloek van die kerk vandag is dit, naamlik dat daar duisende mense mislei word – goeie mense, mense met ‘n mooi lewe, mense wat skynbaar die vrugte dra van bekering, maar mense wat nog glad nie die Vader ken nie – nog nooit gered is nie; en hulle is die mense wat met die grootste erns sal verklaar: “Ek weet ek behoort aan die Vader.”
Ja, Ek praat nie slegs met party van u nie en Ek praat ook nie met die man langs jou nie, maar die boodskap kom tot elkeen van julle wat hier lees. Kom beproef jouself. Kyk of jy waarlik in die geloof is; of jy waarlik gered is. As jy hierdie toets kan deurstaan, weet dan dat jy met blymoedigheid op jou pad kan gaan, want jy bou op ‘n rots. Daar is duisende mense wat baie eerlik is met My, eerlik met die kerk, eerlik met die Bybel, en eerlik met hulself. Eerlike mense, maar mense wat verlore is. U sê vir My: “Maar is dit dan moontlik dat so iemand nog verlore kan gaan?”Ja!
“Baie sal in daardie dag vir My sê: Vader, Vader, het ons dan nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?” “En dan sal Ek aan julle sê: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk.”
Kan jy sien? Ek gee aan jou ‘n ernstige waarskuwing. As Ek vir sommige eendag sal sê: “Julle gaan hel toe, julle is die bokke, julle is geskei van die nuwe Jerusalem”, dan sal julle verbaas wees en sê: “Vader, Vader, maar hoe is dit dan moontlik?” Sê vir My, sê tog vir My, is jy nie dalk een van hulle nie?
Daar is duisende duiwels wat rondloop en hulle gelaat skyn asof hulle eerlik is, maar hulle is leuenaars, gebrandmerk in hul eie gewete, omdat Ek hulle nie gestuur het nie. Nee, daar is net een pad na My in die hemel. Net een pad. Jesus het gesê: “Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Ek is die deur. Ek is die nou poort. Ek is die weg, die waarheid en die lewe.”
Ja, daar is mense wat glo in My, glo in Jesus, glo in die Bybel, maar daardie geloof van hulle sal hulle niks help nie. Ek sal jou sê wie dit is. En nou moet jy luister. Jy is dalk een van hulle. Hulle glo in dit alles, maar hulle twyfel aan hul verlossing – hulle is nie seker of hulle kinders van My, hulle Vader, is nie. Hulle is nie seker of hulle sondes vergewe is nie. Hulle is nie seker of hulle al gered is nie. Die geloof van hierdie man of vrou is tevergeefs.
Julle wat sê julle kan nie aan hierdie kant van die graf sekerheid hê van jou redding nie, het Ek nie gestuur nie, maar is gestuur deur die duiwel. Hulle is leuenaars, veragters van My Woord, verdraaiers van die Bybel. Ek wil vir jou sê, as daar iemand is wat nog nie kan sê: “Jy weet jy is ‘n kind van My nie,” is jy nog ‘n kind van die duiwel. Want almal wat deur die Gees van My gelei word, die is kinders van My.
Luister, Ek beveel jou weer: “Ondersoek jouself of jy in die geloof is, stel jouself op die proef, of is jy nie seker nie?” Hoor wat sê Paulus: “Of is jy nie seker nie?” Jy is miskien nie seker nie. Onsekerheid is ongeloof, ongeloof is sonde, en sonde sluit jou uit die hemel uit.
Ja, daar is maar net een antwoord, net een fondament waarop jy kan bou, net en uitdaging van die Woord van My. Dit is naamlik geen teken wat jy moet glo nie, niks van jouself nie, maar alleen die ewige, die onwankelbare, die lewende Woord van My, julle Vader. Jy kan nie bou op die geloof nie, maar bou op die beloftes van My.
Ek kan vir jou sê: Jou tyd van genade gaan verby. Die roepstem van My sal ophou. Ek sal ophou om te klop, en My genade sal by jou verbygaan, en jy sal soos Esau met trane vurig begeer om berou te mag hê, maar dit sal aan jou nie gegun word nie.
Ondersoek jouself of jy in die geloof is, stel jouself op die proef. Ek sê dit alles, omdat Ek lief is vir julle.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205