OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

48 Die weg tot Saligheid
7 Desember 2007 om 22h00
In die land Palestina, in die poort van Jerigo, sit ‘n man. Saggéüs is sy naam. Hy is hoof van díe tollenaars. Maar hy is nie besig met sy werk nie. Dit lyk asof hy dink. Hy het gehoor van ‘n man, hulle noem hom Jesus van Nasaret. Hulle vertel ook Hy laat kreupeles loop, dowes hoor – Hy laat selfs die dooies opstaan, en Hy vergewe die mense hul sondes.
As hy daaraan dink, dan dink Saggéüs aan sy eie lewe, vol van ongeregtighede. Hy is diep ongelukkig. Dit is asof daar ‘n onrustigheid in hom gekom het. Maar daar het ook ‘n verandering in sy lewe getree. Die een oomblik was hy dood, die volgende was hy lewendig. Een oomblik was hy in die donker nag van sonde, die volgende in die lig van Jesus Christus – gewas in die Bloed van die Lam van die Vader. Daar het verlossing vir hom gekom. In een oomblik het Ek, die Vader, die siel van hierdie sondaar verlos, hom opgetrek uit die modderslyk van die sonde, sy voete geplaas op ‘n rots, aan hom lewe gebring en ‘n nuwe lied in sy mond gelê; ‘n getuienis wat eg en waaragtig is, want Ek het dit gedoen.
Die roepstem, die uitdaging van My liefde vandag tot elkeen van julle wat leef in sondes; vandag sê Ek vir julle: “Maak jou klaar, Ek moet by jou tuisgaan.” Ook vandag is die uitnodiging van die Evangelie tot elkeen van julle, dat julle gered moet word. Julle sit so vasgekluister aan so baie sondes en julle huiwer en dink: Jy wat so vol sonde is, jy wat so ver van My weggedwaal het, jy wat so baie dinge gedoen het wat My seer gemaak het? Is daar plek in My hart vir jou?
Ja, dit is die eerste stap na die lewe. Dit is die oortuiging wat julle in julle moet omdra, wat die onsekerheid in julle moet lê: Daardie wete dat jy ‘n verlore sondaar is. Daar lê vir julle ‘n uitdaging en ‘n antwoord voor: Die skeidsmuur tussen julle en My moet verwyder word. Voor daardie skeidsmuur nie verwyder is nie, sal jy soek en geen lig vind nie, sal jy klop en daar sal geen antwoord wees nie. Inteendeel, jy sal in die donker nag van sonde bly en jy sal sterwe sonder hoop en sonder My.
Dit is absoluut noodsaaklik om te weet hoe daardie skeidsmuur tussen jou en My verwyder moet word. Hoe gaan jy dit doen? Deur ‘n nuwe blaadjie om te slaan? Het jy dit nie al ‘n honderd keer in jou lewe gedoen nie, net om te vind daardie blaadjie word maar weer vuil.
Deur mooi besluite te neem of mooi voornemens te koester? Jy het dit al ‘n duisendmaal gedoen en jy is vandag nog net waar jy was. Daar is geen vastigheid onder jou voete nie. Jy is soos ‘n man wat in dryfsand spartel – dryfsand wat jou altyd dieper vassuig, om jou te beroof van jou sekerheid en geluk en jou eindelik te laat weggly sonder dat jy My gevind het.
Nee, jy kan daardie skeidsmuur nie uit jou eie krag op jou eie wyse verwyder nie. Ek het vir jou ‘n antwoord; en My antwoord is in die Woord. Julle vind dit in Spreuke 28:13. Daar staan geskrywe. “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie.” Jy wat jou sondes goedpraat en wegsteek, jy sal nie voorspoedig wees nie. O ja, kyk daar is baie van julle wat julself wil regverdig deur te sê: “Ek is darem nou nie so sleg nie. Ek gaan darem kerk toe, ek bid en lees die Bybel. Ek sien nie eintlik hoekom ek nie ‘n plekkie in die Hemel sal kry nie.” Jy wat jou sondes bedek sal geen barmhartigheid vind nie, maar jy wat dit bely – bely en laat staan – sal barmhartigheid vind. Ek sê julle moet julle sondes bely, die tyd raak min daarvoor.
Jy moet jou sondes aan My bely. Jy moet met jou Vader regmaak wat jy verbrou het. Selfs as jy teenoor jou naaste oortree het, is jou eerste plig om dit teenoor My te bely, want jou naaste is die eiendom van My, julle Vader.
Dit is egter nie genoeg nie. Daar is duisende mense wat elke dag hulle sondes bely, elke dag erken dat hulle sondaars is, elke dag besluit om reg te maak – en tog nog besig is om te sondig, en vandag is hulle presies waar hulle was.
Is dit jou toestand? Jy sal terugsak en val tot waar jy was, jy sal ontdek dat dit nie werk nie en dan sal jy moedswillig en opstandig word teenoor My, juis omdat die duiwel jou verblind het. Nee, bekering is nie net gee nie, bekering is nie net belydenis nie: bekering is ‘n saak van gee en neem. Die Bybel sê: “Bekeer jou met Jesus.” Trek sy kleed aan en gee jou vuil kleed van sondes vir Hom.
Ja, steek jou hand uit en trek jou kleed uit en ontvang My lewe, ontvang My krag. Gebruik nou dieselfde verstand in geestelike dinge as in praktiese dinge. Ek gee julle My liefde. Ek gee nie net aan julle My liefde nie, maar Ek wil julle Vader word en Ek wil hê julle moet My seuns en dogters word.
Ek wil dat julle sonder om te sien of te voel, My op My woord moet neem. Ek sê nou vir jou: Bely jou sondes, neem Jesus as jou Saligmaker aan. Gee vir My wat aan My toekom. Betaal die prys. Bely aan die wêreld dat jy ‘n kind van My, julle Vader, geword het en jy sal van nou af smaak en sien dat Ek goed is. Jy sal weet dat Ek jou siel gered het en dat jy van nou af ‘n kind van My is.
Wees lief vir My, julle Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205