OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 49
Grypers! Gaarders! Gewers!
8 Desember 2007 om 18h00
Kyk, in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan praat Ek van julle met verskillende lewensfilosofieë.
Toe ‘n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. Hierdie soort mense is die “grypers” in die lewe. Hulle filosofieë is: Alles wat joune is, is myne; ek vat dit! Hulle beroof die onskuldige en stap gevoelloos van die toneel van hulle misdaad weg. Hulle is nie altyd jou vyande nie; soms is dit jou gewaande vriende wat neem wat hulle uit jou kan kry en jou dan aan jou lot oorlaat. So was dit met die vriende van die verlore seun. Hierdie mense takel gedurig af en stel net belang in wat hulle uit die lewe kan kry, sonder om ooit iets te gee. Hulle doen dit met slinksheid en geweld. Selfs in die huwelik kry ons die “grypers” wat net neem en nooit gee nie; wat breek en nooit heelmaak nie. Julle kry dit onder kinders en jongmense wat altyd verwag dat die lewe om hulle moet draai en wat lewe asof die wêreld hulle ‘n bestaan skuld.
Dit gebeur toe dat daar ‘n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. Net so het daar ook ‘n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. Hulle is die “gaarders” in die lewe. Hulle lewensfilosofieë is: Alles wat myne is, is myne; ek hou dit! Krampagtig maak hulle alles net vir hulleself bymekaar sonder ‘n enkele gedagte aan hul medemens. Hulle weet nie wat dit beteken as jy beweer dat dit saliger is om te gee as om te neem nie. Hulle is die mense met die ysterhart wat nooit die ellende om hulle raaksien nie, omdat hulle dit nie wil sien nie. Hulle druk hulle ore toe en maak hulle harte hard uit vrees dat hulle meegevoel hulle moontlik iets uit die sak sal jaag. Soos die ryk dwaas van die Skrif vergeet hulle dat die doodskleed geen sakke het nie.
Maar ‘n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Dit is die taal van barmhartigheid en Christelike liefde. Hulle is die “gewers” in die lewe. Sy lewensfilosofieë is: Alles wat myne is, is joune; ek gee dit! Hy was die veragte wat moontlik self aan sy lyf gevoel het wat dit is om geslaan en beroof te word. Hy gee nie net sy geld en sy tyd nie; hy gee sy meegevoel en sy gerief. Hy gee onvoorwaardelik, soos die blom sy geur aan die lug skenk sonder om vergoeding te vra.
Hierdie lewensfilosofie leer julle van Christus: Hy het uit liefde onvoorwaardelik sy lewe vir julle gegee. Hy het nie gevra of julle dit verdien nie - Hy is deur die liefde gedring. En Sy opdrag is: “Gaan maak jy ook so”. Kom na My en Ek sal jou help sodat jy van jou beste en edelste sal gee en dit uit liefde, na die voorbeeld van Jesus.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205