OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 51
Beginselvastheid
9 Desember 2007 om 01h10
Kyk, soos ‘n fontein hoog in die berg die beginsel is van die breë, diep stroom wat onder in die vallei vloei; soos die akker wat ons in die grond weglê, die beginsel is van die magtige eik met sy onomstootlike stam wat sy kroon die hemele instoot en die elemente trotseer; so is jou beginsels die belangrikste ding in jou lewe, omdat dit jou optrede en gedrag bepaal.
Die beginsel van die heelal is Ek julle Vader: Die Alfa, die begin, die Eerste! Godsdienstige beginsels is die dinge wat julle aan My as die eerste en belangrikste oorsaak van die lewe verbind. Beginsels is die verband tussen julle hemelse verbondenheid aan My en julle aardse lewe – tussen die Almagtige Vader en die nietige mens. Wee jou wat geen godsdienstige beginsels het nie. Jy is sonder My en sonder hoop in die wêreld. Want dit is die eerste dinge in julle gees wat julle ganse lewe beheers en julle lewenshouding sal bepaal: Julle woorde, gedagtes, dade, lewensuitkyk en optrede. Daarsonder is jy ‘n reisiger na nêrens. Ek wil vir julle die volgende gebeurtenis gee: ‘n Man het eenmaal ‘n bok per trein gestuur en ‘n kaart om sy nek gebind met sy bestemming daarop: Waar hy vandaan kom en waar hy heengaan. Soos bokke maar is, het hy alles opgevreet wat voorkom – ook die kaart om sy nek. Groot was die ontsteltenis toe hy op ‘n stasie oorgeplaas moes word op ‘n ander trein. Niemand kon sê waar hy vandaan kom of waarheen hy op pad was nie. Hy het sy eie adres opgevreet. Net soos ‘n mens sonder beginsels.
Die waarde van beginsels kan nooit oorskat word nie. Wat jou beginsels is, dit is jy! In veranderende lewensomstandighede, met al jou groei en rypwording tot volwassenheid, durf jy nooit jou godsdienstige beginsels oorboord te gooi nie. Om beginsels te besit, is baie belangrik; om aan hulle vas te hou, lewensbelangrik.
Kyk, die kerkvader Polycarpus, is op 82-jarige leeftyd vir sy geloof gevange geneem en met die brandstapel gedreig indien hy sy geloof nie verloën en My ook vloek nie. Polycarpus se antwoord was dat Ek 82 jaar lank aan hom niks anders as goed gedoen het nie – hoe kan hy My nou vloek? Hy het moedig op die brandstapel geklim en gesterf met die volgende woorde op sy lippe: “Ek dank U, my Vader, dat U my op hierdie dag en in hierdie uur waardig geag het om deel te hê aan die kelk en kruis van my Verlosser, Jesus Christus!” Hy het sy beginsels met sy bloed bevestig. Hoeveel minder word nie van julle verwag om aan julle beginsels getrou te bly nie.
Kyk, Ek hou jou veilig in My genade. Jy moet onder alle omstandighede en te alle tye getrou wees aan My, sodat jou lewe ‘n getuienis van My genade kan wees.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205