OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 52
Wie is ek?
9 Desember 2007 om 19h15
Die probleem waarmee elkeen van julle van hierdie tyd worstel, is die identiteitskrisis. Salig is jy wat tot selfontdekking kom en uitvind wie jy werklik is. Ek stel belang in jou ware self. Dit is karakter. Maar die wêreld stel belang in ‘n persoon se beeld. Dit is reputasie. Ek ken julle deur en deur. By My kan julle maar die masker afhaal.
Sommige van julle kyk met totale bewondering na julleself. Ja, dink maar aan Narsissus, die beeldskone jong Griek, wat homself hartstogtelik liefgehad het. Al wat hy wou doen, was om hom te verlustig in sy beeldskone weerkaatsing. Hy was so betower met homself en het hom so oorgegee aan selfbewondering, dat hy weggekwyn en gesterf het. Selfbewondering is die doodsklok van jou siel. Om jouself te bewonder, is om geen begeerte te hê om te verander nie. As jy weier om te vernuwe, stagneer jy en jy sterf.
Sommige van julle kyk in groot verwarring na julleself; julle lewe in stormagtige onsekerheid. Ten spyte van kennis van die wetenskap, geskiedenis, filosofie en selfs teologie, is die lewe en julle eie persoon vir julle een groot vraagteken. Julle verstaan alles, behalwe julleself. Ja, in hierdie situasie is daar net een pad – die pad na My wat alle raaisels oplos. Ek maak van die verwarde Saulus ‘n Paulus; uit die impulsiewe Simon maak Ek die rots Petrus. Ek is magtig om alles nuut te maak en elke raaisel op te los.
Sommige van julle weier om na julle self te kyk. Julle is bang vir wat julle moontlik kan sien. Op hierdie pad lê slegs wanhoop, want dit is die pad van ‘n minderwaardigheidskompleks. Dit is net so vernietigend as selfoorskatting. Nugtere en eerlike selfondersoek is belangrik. Kyk maar na jouself en ondervind die bevryding van selfontdekking. Julle moenie net na julleself kyk nie; dit lei tot selfbejammering; tot ontvlugting. Kom by My, julle Vader, uit met jouself. Ek is in staat om jou te vernuwe tot wat Ek bedoel het dat jy moet wees. Ja, kom na My toe en Ek sal jou bring tot ‘n nugtere en nederige selfontdekking, sodat jy die talente wat Ek jou gegee het, tot My eer kan gebruik.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205