OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 60
Nie eie prestasie nie.
11 Desember 2007 om 13h45
“Ek het julle verlos, nie op grond van iets wat julle vir julle vryspraak gedoen het nie, maar op grond van My eie ontferming.”
In Romeine 3:21-22 staan geskrywe: “Maar nou het die vryspraak deur My ... in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, maar deur in My te glo. Ek gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo.”
In My leerskool moet julle eers afdaal in die vallei van smart voordat julle die bergpiek van geestelike oorwinning kan bereik. Julle moet eers sat word van ‘n lewe op julle eie, voordat julle die gemeenskap met My sal soek en vind. Julle moet eers aan die einde van julle vermoëns kom, voordat julle die waarde van die lewe in My kan begryp. Die trane oor julle eie onvermoë is trane wat deur My raakgesien word....
Kyk, die gelukkigste dag van jou lewe was die dag toe jy besef het dat jou eie vermoëns, jou eie sedelikheid, jou eie goeie werke, in die oë van My hopeloos ontoereikend is, en jy openlik moes erken hoe nodig jy My het. Jy oordryf nie as jy sê dat jou droefheid van toe af in vreugde verander het, en jou bedruktheid in blydskap nie.
Kom na My, en Ek sal julle help uit die vallei van smart. Omdat Ek lief is vir julle, so moet julle ook lief wees vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205