OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 63
 
Goeie bedoelings.
12 Desember 2007 om 02h20
Indien al die goeie bedoelings wat julle het, ten uitvoer gebring moes word, sou julle ‘n wonderlike wêreld bewoon het. Ongelukkig het woorde geen krag as hulle nie in dade tot uitdrukking kom nie. Goeie bedoelings word gewoonlik nie uitgevoer nie en die goed wat bereik kon gewees het, bly ongedaan.
In die geestelike lewe is die mislukking van goeie bedoelings waarneembaar in baie van julle se lewens. Julle sal in die ewigheid eers weet hoeveel bedoel het om My een of ander tyd te volg. Julle bewonder, respekteer en is selfs lief vir My, maar julle weerhou julle volle oorgawe aan My. Intussen bly alles by goeie bedoelings en dit is slegs ‘n salfie vir julle gewete.
Nadelige en uiteindelik vernietigende gewoontes val nie kragdadig jou karakter binne nie. Indien hulle dit sou doen, sou hulle onmiddellik verwerp word. Hulle begin met ‘n geringe en skadelose gebaar wat aangename resultate lewer. Ja, soos wat die plesier toeneem, mag julle dink dat julle in beheer is, totdat julle skielik besef dat dit vir julle onmoontlik is om in eie krag die versoeking te weerstaan.
Indien jy opreg bedoel om ‘n positiewe en sinvolle gebedslewe te kweek, sal jy reeds te doen gehad het met gedagtes wat dwaal; as jy ‘n tyd bepaal het om alleen met My, jou hemelse Vader te wees. Dan begin jy bid net om te ontdek, dat in plaas daarvan dat jou gedagtes op My gefokus is, hulle op hol gaan en jy aan die mees irrelevante dinge begin dink, soms selfs onheilige gedagtes.
Indien jy opreg bedoel en dit jou begeerte is om ‘n volgeling van My te wees, moet jy gereed wees om opofferings te maak. Gewoontes of ‘n lewenswyse wat strydig is met My wil, sal afgelê moet word. As die geselskap wat jy opsoek twyfelagtig is, sal jy dit moet vermy, tensy die betrokke persone gewillig is om jou toewyding aan My te aanvaar.
Kyk, as jy goeie bedoelings het, en dit alleen opreg bedoel. Ontvang dan. Ontvang My in jou lewe as jou Verlosser. Ontvang My vergifnis vir jou sondes. Ontvang My Gees, wat jou die krag sal gee om jou lewensdoel te vervul.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205