OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

20/11/07          02h00
Liefde wat Jubel
Nog `n manier om `n vriendskap met My te vestig, is om jou hele dag deur aan My Woord te dink. Ons noem dit oordenking, en die Skrif (Woord) raai ons dikwels aan om te dink oor wie Ek is, wat Ek is, wat Ek gedoen het en wat ek gesê het.
Sonder die teelaarde van die liefde, in die ware Gees van groot Liefde, kan julle nooit strewe om ware draers te word van die vrugte van die Gees nie. Julle moet ook oordink wat die doel van vrugte van die Gees is. Dit is nie `n ornament of `n versiering nie, dis daar vir die geestelike voeding en versterking van die mens. Kyk My kinders, onderwerp jou gewilliglik aan My snoeiskêr sodat jy op My tyd en volgens My wil die vrugte van die Gees kan dra.
Liefde is die eerste vrug van die Gees. Die belangrikheid van liefde in julle geestelike lewe is nie `n toevallige of kunsmatige toestand nie.
Vreugde is liefde wat jubel,
Vrede is liefde wat rus gevind het,
Geduld is liefde wat in die storm buig
Vriendelikheid is liefde wat `n geur versprei,
Goedhartigheid is liefde wat in goeie werke geopenbaar word,
Getrouheid is liefde wat ten alle tye vertrou,
Nederigheid is liefde wat `n kruis dra,
Selfbeheersing is liefde wat die vlees kruisig.
Kyk, Ek het altyd probeer om die vonkie van liefde wat in die mens se hart oorgebly het, aan te blaas en te laat opvlam. Doen moeite, laat hierdie primêre vrug van Liefde ontwikkel, sodat jou liefde die hoofdoel van jou lewe sal wees. Sonder liefde is jy `n groot nul, wie die liefde ontbeer, ontbeer alles. Kyk, julle kry die gawe om mekaar lief te hê gratis van die Gees, julle moet Hom net aanneem, aanvaar en in julle laat woon. Ek sê vir elkeen van julle wat dit ervaar, bly dit `n opwindende ontdekking in jou lewe.
Daar is rede om besorg te wees oor die liefdeloosheid wat onder julle mense en my volk heers. Lees julle nie meer die gebod van die liefde in sy volle omvang nie. As julle nie met die liefde toegerus, beklee, oftewel aangetrek is nie, kan Ek nie by jou intrek nie. Ek sê vir jou, daadkragtige liefde en deernis begin in jou eie hart. Daarby sê Ek vir jou, dat Ek ook die behoefte het om te hoor en te sien dat jy My liefhet.
Dink hieroor:
Ek nooi jou
Ek bewaar jou
Ek is by jou
Ek ken jou, wees net lief vir My.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205