OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 72
Skool van beproewing.
13 Desember 2007 om 20h00
Daar is sekere vrugte wat net deur die reën voortgebring kan word en daar is sekere lewenswaarhede wat net droefheid julle kan leer.
As julle net altyd in die sonskyn leef, is jy in ‘n woestyn. In die donkerste nag soek julle die sterre en in julle droefheid word julle uitgedryf na My toe. In die skool van beproewing leer julle om My weer te ontdek soos nog nooit tevore nie. En omdat julle My ontdek, ontdek julle ook julle medemens. Ja, dit is moontlik dat julle jare lank op die oppervlak kan leef en dan word julle eensklaps deur droefheid na die dieptes van die lewe gedrywe. As julle dit aanvaar en reg verwerk, word ‘n nuwe skoonheid en krag in julle harte gebore.
Ek sê soms vir julle wat Ek vir My dissipels in Markus 6:31 gesê het: “Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.” Julle droefheid is so ‘n eensame plek waar julle alleen met My kan wees. Dan ontdek julle opnuut hoe diep afhanklik julle van My is. Baie smart en droefheid word in stilte gedra, omdat daar niemand is om dit mee te deel nie – behalwe met My. Daar is huweliksmart; die droefheid van verslawing; die vervreemding van kinders; die droefheid van skande, en die wat rou, want die dood laat hom nie afkoop of selfs wegbid nie. Dit maak ongevraag julle hart en julle huis leeg. Watter hemelse musiek is dit om in die donker skool van julle droefheid My te hoor sê: “Geseënd is die wat treur, want julle sal vertroos word.”
Onthou in jou donker oomblik dat Ek jou hand vashou. Dit is jou troos in lewe en in sterwe. Ek laat jou nooit alleen in jou nood en in jou sorge nie. Ek is met jou in die vurige oond; in die diepte van die onstuimige see; in die vallei van die doodskaduwee – al die dae is Ek met jou, tot aan die voleinding van die wêreld. Julle moet net seker maak dat julle met My, julle Hemelse Vader, is. Ek sê: “Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom sy swaarkry is verby, hy het geboet vir sy sonde ... “
Kyk, Ek is die middelpunt van julle verlange; Trooster van julle bang gemoed. Dit sal nooit so donker word dat My lig vir jou verdwyn nie. Ek sal jou ook help om deur die skool van beproewing te kom. In My kragtige Naam. Julle liefdevolle Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205