OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 73
Van uitstel kom afstel.
14 Desember 2007 om 08h30
Daar is soveel ongedane dinge in jou lewe: dinge wat julle dolgraag wou doen en waarskynlik kon doen ... en tog nooit doen nie.
‘n Traak-my-nieagtige houding lei tot versuim en dit word dikwels gebore uit die idee dat julle baie tyd het. Satan is hier om sy verwoestingswerk te kom doen, hy is die een wat aan julle sê: “Daar is geen rede vir haas nie; daar is genoeg tyd; daar is nog altyd ‘n môre!” Waarom nog wag? Jy weet dat jy die vermoë en die talente het; jy het al die kanse en geleenthede; jy het al die hulp wat jy verlang. Tog laat jy toe dat jou ideale sterwe. Jy styg nooit op agter jou visioene aan nie. Jy plaas nie ‘n swaard in die hand van jou drome nie. Die naasbeste word vir jou goed genoeg. Jou lewe bly ‘n voortploetering in die vlak modderwaters van mislukking en selfverwyt.
Moenie tot more uitstel wat jy vandag kan doen nie: Jy weet nooit of môre ooit sal kom nie. Al wat julle werklik besit, is vandag. Gister is ‘n herinnering en more is ‘n belofte. Uit die hand van My ontvang julle “vandag” en oor vandag sal julle ook aan My verantwoording moet doen. Daarom durf julle nie julle verhouding met My ligtelik behandel en dit uitstel tot later nie, want van uitstel kom afstel.
Kry dit vandag nog reg! Julle liefdevolle Vader.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205