OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 75
Lig vir die wêreld.
14 Desember 2007 om 22h00
Kyk, daar staan geskrywe: “Julle is die lig vir die wêreld ... Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Ja, die teks is ‘n Goddelike bevel wat die gehalte van die gelowige se getuienis in hierdie wêreld omskryf. Die Chistendissipel word opgeroep om te wees wat Ek self by uitstek is: “Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.” Die lig wat julle in die wêreld versprei, is ‘n weerkaatste lig. Ek eis nie van julle dat julle self lig produseer nie, maar dat julle slegs My lig sal weerkaats. Die glans van die gelowige se lewe moet deur My aangesteek word.
‘n Lig moet gesien word. ‘n Lig wat onder ‘n emmer versteek word, kan nie sy doel dien nie. Julle geloof moet gesien word. Daar is nie so iets soos geheime dissipelskap nie. Of die dissipelskap sal die geheim vernietig, of die geheim sal die dissipelskap vernietig. In julle alledaagse aktiwiteite moet die mense rondom julle hierdie weerkaatste lig sien. ‘n Gelowige moet die pad vir ander mense verlig. In hierdie wêreld wat verdonker is deur die sonde, moet julle skynende ligte wees. Om dit te kan doen, moet julle self voortdurend in die lig van My wandel. Jy kan nie vir ander die pad aandui as jy self in die donker is nie. ‘n Lig word dikwels gebruik om julle te waarsku dat daar gevaar vorentoe is. Dit is nodig vir die gelowige om ‘n waarskuwing aan sy medemens te rig. Alhoewel julle baie versigtig moet wees om nie meer skade as goed te doen nie, is dit ‘n groot uitdaging. Dit is tragies as iemand sê: “As jy my net vroeër gewaarsku het, sou ek nie in hierdie toestand verkeer het nie.”
Julle moet ook onthou dat julle lig alleen tot eer van My moet skyn. Dit is nie bedoel om julle eie eer en glorie te verhoog nie, maar om mense na My heen te wys. As mense julle goeie werke sien, moet hulle onwillekeurig My verheerlik. Julle moet onbewus wees van julle eie lig, sodat Ek al die eer kan kry. Julle moet nooit dink aan wat julle gedoen het nie, maar aan wat Ek julle in staat gestel het om te doen. Daarom moet die versugting van julle hart maar steeds bly.
Wees lief vir My, julle Vader in die hemel.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205